Adele Reynders terug op Amazon vir Kindle
- adelereyndersart
- Oct 17
- 3 min read
Updated: Oct 18

Adele Reynders kruip terug na Amazon toe. Voetjie vir voetjie ne boekie vir boekie. Moeisaam en stadig. ‘n Lang pad wat voorle. Ek probeer om my humorsin te behou ql wonder ek.
Waar begin ‘n mens? Daar was bykans sestig boeke in my biblioteek. En ek soek hulle, op rekenaars en hardeskywe om die skade te probeer herstel. Ek vermoed dat party boeke verwerking nodig het. Daar is boeke wat ek met tyd oorgeskryf en bygeskryf het. Die oorspronklike storie, maar met meer lyf.
Hier is van die eerstes wat weer terug is op Amazon vir kindle:
Die bykans honderd jaar oue man wat voor Spar op die blombak gaan sit het… en toe verdwyn het. is ons boek van die week. ‘n Langasem titel.
Die gedagte agter die boek. Mens is nooit te oud om iets te voel nie. Jy is nooit te oud om saak te maak nie. En jy is seker nooit oud om reg van vooraf te begin nie.
Hannah Mostert dink die man is ongeveer honderd jaar oud toe sy by Spar instorm vir ‘n laaste minuut aankoop. Hy sit daar met sy foon. En toe sy uitkom sit hy nog daar… met sy foon.
En toe sy begin ry en eers moet stop vir ‘n ander kar wat uit ‘n parkeerplek wurm, klim hy by haar in die kar. Is sy nie die Uber wat hy nou net georder het nie?
Die bykans honderdjaar oue man… sal jou dikwels laat lag, soms laat huil, maar miskien raakjy ook weer verlief, soos Hannah… Al is die man waarvoor sy val toe nie heeltemal honderdjaar oud nie.
Sien jou weer … op Skadureen – Adele Reynders
Daar doen Marx Reyneke dit weer. Hy trek mense en creature nah om toe aan. Sommiges wat met baie hare bedek is en op twee bene loop. Kan dit wees dat daar ‘n big foot in die magalies rondloop?
My veeartse! Ek sukkel nog met Appels swaai my eerste amptelike veearts. Maar gaan loer gerus na Tydelik… vir altyd.
Die boek waarin dokter Zak Theron net tydelik by sy tante praktyk sou kom uithelp. Waar hy die koppige klein klits Karlie Luyt ontmoet en die noodlot dalk gaan veroorsaak dat hy langer gaan bly.
Die Buffelbul van Inyathikhulu
Luca Willemse is in wilder as die wildtuin Wildlife veearts. ‘n Bietjie van ‘n swerwer en ‘n rondloper. Maar nou is sy hart daar op inyathikhulu waar hy en sy vennoot Dirk van Elst ‘n buffelkudde tot stand bring. Hy teel met hulle. KI. Daarom het hy die bynaam gekry. Die Buffelbul van Inyathikhulu.
Totdat ‘n vroumens daar aankom. Lorrie Sullivan kan dalk net moeilikheid tussen hom en Dirk veroorsaak, want hy laaik haar ook. En die enigste keer wat hy en sy vennoot tevore gefight het, was oor ‘n vroumens. Nou is hy versigtig.
Dan is die eerste boek van Gek oor haar eie Afrika ondier ook nou daar.
Rondom Middernag
Zirkia Brink stel nie in mans belang met gemoedsbekakkings nie. Sy werk aan ‘n aftreeplan nadat sy haar groot job in die stad gelos het. Inkomste eiendom wat sy van ‘n kasarn van ‘n ou huis wil maak. Woonstelle. En sy soek huurders. Daar daag snaakse siele by haar plek om en vra om te bly.
Sy kan hulle almal hanteer. Dit is net Mathys de Waal wat haar ‘n biethie senuweeagtig maak met sy kortaf houding. Hy en die wit bakkie wat in die onmoontlikste ure van die nag daar voor haar huis in die oprit kom stilhou…
Net een volmaan.
Tessa se pa was ‘n moeilike ou terwyl hy nog geleef het. Na haar ma se dood boonop roekeloos en buite beheer. Nou is hy oorlede, maar daar is ‘n laaste sterfbed wens wat sy moet uitvoer. Lewer ‘n koevert af by Jonathan Lombard. Jona Lombaard wat haar waarskynlik nog steeds met ‘n passie haat oor alles wat met hom gebeur het, danksy haar.
En ‘n korter boek: 'n Onwaarskynlike Cupido
https://www.amazon.com/Onwaarskynlike-Cupido-Afrikaans-Adele-Reynders-ebook/dp/B0FVXHY8XX/ref=sr_1_1
Karre praat mos deesdae en hulle het ook ‘n binneste, jy weet. Die dat Monica se Mazda CX 5 viervoet langs Stof se ou Mazda Drifter bakkie vassteek toe dit lyk asof hulle moeilikheid het. Dis is mos familie van hom. Iewers van ossewa se kant af, want is sy naam nie ook Mazda nie?



Comments