top of page

Free Audioboeke in Afrikaans - Adele Reynders

  • adelereyndersart
  • Sep 22
  • 3 min read

Updated: Sep 25

ree

Inligting oor die Youtube kanaal Afrikaanse liefdesverhale en stories waar jy gratis na volboeke kan gaan luister. Hier is die skakel as jy wil gaan loer: https://www.youtube.com/@afrikaanseaudioboeke

Miskien wonder jy hoekom ek dit doen. Stories te skryf en dit gratis voor te lees en net weg te gee.

Ek hou daarvan om stories te skryf en om dit voor te lees, al gaan dit soms hakkel krukke stotter en stikke. Daar is van my Romanzas en liefdesverhale deur Lapa en Malan Media gepubliseer. Twaalfuurman/ Rondom middernag. As jy maar weet en Volmaan was Romanzas. Stories wat ek intussen bygeskryf en verander het en toe ook voorgelees het.

Daarna ihet ek self ‘n klomp van my stories op Amazon gepubliseer. Google gerus: Adele Reynders Author Amazon of skakel: https://www.amazon.com/Kindle-Store-Adele-Reynders/s

Toe word een van my vriendinne siek en sy sukkel om te lees. Toe lees ek vir haar my stories voor. En vir nog mense en vriende wat nie kan sien nie. Of wil oefen en luister, of wil werk en luister. So in plaas van wee ren weer lees het ek dit opgeneem en aangestuur.

En daar word my oudste seun toe ‘n youtube ster, met die karre wat hy opbou en restoureer. Broughbuilt. Ewe dapper sy kanaal begin, nogal in Engels en nou is sy kanaal baie baie gewild.

En dis waar ek besluit het om my stories op youtube te sit. My eie joutjorts kanaal, Afrikaanse liefdesverhale en stories, wat nou al ‘n jaar en ‘n half oud is. Daar is baie volledige korter stories op en selfs ‘n paar volledige boeke. Google Afrikaanse Liefdesverhale Youtube. Daar is playlists, of in Afrikaans snitlyste met Liefdesverhale, Spookstories, kinkelstories, Stories oor Clarissa Clairvoyant met wie die dooies soms gesels en deesdae ook Troeteldiere Avonture wat afspeel in ‘n veeartspraktyk iewers op die platteland. Ook Japie die apie stories waarna kinders luister.

En toe laat val ‘n paar vriende dat hulle eintlik liewer graag die stories self wil lees, as om daarna te luister. Wat ‘n comedown! Maar nou ja, some you win en some you loose. Die dat ek besluit het om van die stories wat op die kanaal voorgelees word, ook in ‘n bundel saam te vat.

Die eerste bundel se naam is: Liefdesverhale wat in Marloth Park begin … of soms daar eindig met ses stories.

Die tweede bundel is: Hello ander helfte en daar is ook ses stories in

En nou is nommer drie beskikbaar: Nuwe beginne …  met agt korter stories.

En weereens neem heelwat van die stories jou na Marloth Park toe. Sorry, dis maar my plek daai.

Ek het lanklaas ‘n vol boek geskryf. As potter of keramiekmaker, werk ek myself half disnis om daarvan ‘n bestaan te maak.

Die dat die korter stories my deesdae soos ‘n handskoen pas.

En daai ding van skryf waarvan jy weet, steek ook in die meeste van my stories kop uit. Baie van my karakters is crafters of mense wat handwerk doen of skryf om ‘n bestaan te maak.

Nou ja, dit was net so bietjie agtergrond oor my Jou tjortskanaal, Afrikaanese Liefdesverhale en stories. Gaan loer gerus na die podcasts en playlists daar is reeds heelwat stories en volboeke om na te luister.

Intussen het ek al al die boeke wat ek self geskryf het op die kanaal gesit.

Dit was toe dat ek begin het met vervolgstories waar ek ‘n boek begin en elke dag ‘n hoofstuk byskryf en dit voel asof ons luistermaters dit geniet. Daardie boeke is Jammer ma, Die honderd jaar oue man wat voor Spar op die blombak gaan sit het en toe verdwyn het! Vindingryk. Tydelik… vir altyd en die Buffelbul van Inyathikhulu.

En dan die nuwe een: Gek oor haar eie Afrika ondier – Skrywer van dit alles Adele Reynders.

Ek kan vir jou die audioboeke na jou selfoon toe aanstuur. Dit is gratis. Ons werk daaraan om dit met die e-boeke ook te doen. Hou gerus dop. Dit is vir mense wat eerder lees as om te luister.

Die boeke is ook op Amazon vir kindle. As die ander skakel nie werk nie, gebruik die een: https://www.amazon.com/stores/author/B005GEOMZE?ccs_id=a202cbde-9ab6-4b9b-be8f-428acaf65231

Intussen het ek scrap met Amazon. Ek kom nie meer op die site in nie. Die boeke is nog daar en ek kry geld, maar ek kan niks verander afhaal of bysit nie. Die dat ek nou die blog hier gaan gebruik om sekere boeke te publiseer as e-boeke en julle kan dit hier gratis lees. Hou dop.

 
 
 

Comments


bottom of page