top of page

Gek oor haar eie Afrika ondier - Adele Reynders

  • adelereyndersart
  • Sep 22
  • 93 min read

Updated: Sep 30


ree


Agtergrond en Hoofstuk 1


Gek oor haar eie Afrika Ondier. – Adele Reynders

Hierdie is die liefdesverhaal van dokter Sergio Martinez ‘n natuurlewe veearts en Leah Hurter en dit gebeur iewers in Mosambiek in die bewaringsgebiede daar.

Die agtergrond:

Hurters Rus is in die hartland van Mosambiek se natuurlewedistrik, daar iewers anderkant die Lebombo oosgrens park en opwaarts langs Zimbabwe, met Gorongoza en ‘n paar nuwe Nasionale parke in wording in die omgewing.

Leah keer terug na haar erfplaas na haar egskeiding, en nadat haar ma haar pa gelos het om in Portugal te gaan woon. Daar ontmoet sy vir Sergio Martinez is ‘n natuurlewe veearts, wat een van die woonstelle aan die huis by Leah se pa John Hurter huur. Hy is betrokke by die teel en hervestiging van die leeus daar in die omgewing. Hy is vreeslik aantreklik en nie baie breed nie, maar vir Leah is hy lewenslank. Die dat sy dadelik aan hom dink as ‘n reus. ‘n Monster, ‘n half mens en dier, ‘n ondier! met sy sielvolle amberbruin oë wat haar aan die van ‘n leeu laat dink. Oë wat soms sag en meer bruin vertoon, maar goudbruin en hard raak as hy kwaad is. Boonop is sy donker hare ‘n bietjie aan die lang kant die dag toe sy hom ontmoet. Die dag waarop hy haar uit die kake van een van sy wilde Afrika leeus red.

Maar natuurlik is daar onmiddelik ‘n konneksie tussen hulle…

En natuurlik weet Sergio Martinez dat dit net ‘n kwessie van tyd is, dan gaan hy vir Leah Hurter oorwerk slaapkamer toe. Hy is mos ‘n volbloed man en vrouens is skaars hier rond. Veral sulke mooi fyn en klein goedjies soos Leah mer haar sagte blou oë en ligte hare met die rooi skynsel daadin. Hy wil al begin lakens regtrek. Toe daag die duiwel vanself op die plaas op.

Ralph Jameson, Leah se ex man. Hy is terug om te kom klaarmaak waarmee hy begin het. Nommer een om die plaas ‘n wonderlike toeriste bestemming te maak.

En nommer twee, om Leah swanger te maak met sy kind. Of sy nou daarmee saamstem of nie. Dit is die enigste manier waarop hy kan seker maak dat die hele plaas in sy skoot val. Nie net die gedeelte wat hy in die egskeidingskikking uitgekry het nie.

Daar is ook ander mense op die plaas. Maria, die Portugese kok en huishoudster, haar mannetjie Manual, ‘n goeie ou, wat die groentetuin en boerdery gedeelte doen, waar hy homself gedurig onder die prop kry. Jesu, hulle seun en sy swanger vroutjie wat soms kom kuier. En die mense van die dorpie Bonsai daar naby…

En al die ander wat by ons aansluit want hierdie is ‘n baie lang vervolgstorie.

 

Hoofstuk 1

Bo-op 'n daktent op 'n Suzuki Jimney in die Afrika-bos, is beslis nie die beste plek om te wees as daar skielik 'n yslike groot lewendige maanhaarleeu uit die niet verskyn, en nou belangstellend reg langs die enigste oop deur aan die bestuurderskant van die taamlik klein SUV kom staan nie. Die ambergeel oë is nou op haar gevestig, asof sy die maaltyd is wat hy op hierdie sonnige Vrydagmiddag om drie verwag.

Uber eats, is so pas afgelewer.

En die bestelling Leah Hurter, die einste.

Sy vries met haar selfoon doer bokant haar kop in die lug. Sy probeer desperaat om 'n sein te vind, sodat sy haar pa kan bel. Sy wil dit nie in ‘n duisend jaar aan haarself erken nie, maar sy het verdaal. Die pad iewers byster geraak wat moes lei na die ou plaashuis waarin sy elke vakansie van haar kinderjare deurgebring het. Waar sy later getroud is en gewoon het, met 'n man wat voorgegee het dat hy haar liefhet ... vir haarself, net om 'n jaar later uit te vind dat hy eintlik net agter aandele aan is op hierdie eiendom.

Ekotoerisme, het hy gesê, is die beste manier om groot geld in Suidelike-Afrika, dis nou hier in Mosambiek te maak. Dollars van oorsese besoekers. Hy het 'n nuwe lodge, 'n gholfbaan en 'n Olimpiese swembad met 'n eiland in die middel voorgestel.

Toe haar pa vir hom sê dat daar nie geld is om al daai drome waar te maak nie, is hy weg.

Nie net van die plaas af nie ... Hy het haar ook gelos en vertrek, soos ‘n warm patat. 'n Bitter pil vir Leah om te sluk. Die dat sy toe ook padgevat het. Terug na haar ouma in Pretoria by wie sy gebly het tydens skool termyne en gedurende kwartale. In hierdie deel van Mosambiek is daar nie skole nie.

Maar na sewejaar se wegbly, is sy uiteindelik weer terug hier op die plaas om te bly.

Alhoewel die stem op haar GPS vir haar gesê het dat sy op Hurter's Retreat aangekom het, kan sy om die dood nie die ou plaashuis kry nie. Sedert haar laaste besoek het daar nou soveel nuwe toeriste en besigtigingspaaie bygekom, uitdraaie na damme, uitkykpunte en voëlskuilings.

Nadat sy die hoeveelste hek oop en toe gemaak het en deurgery het, het sy uiteindelik besluit om maar te stop en te bel. Te erken, sy het verdwaal. Al was sy so seker sy sal die huis kry, dat sy geweier het dat haar pa haar by die toegangshek van die bewaringsgebied agt kilometer van hier te ontmoet.  

Helaas daar binne in die Jeep was geen sein nie. 'n Hoër plek mag dalk help, as sy net een kan vind. Die dat sy besluit het om uit die Lemmetjie groen Suzuki Jimney te klim. Die naaste hoogste plek wat sy kon sien was reg bo-op die platgeslane daktent van haar klein vier by vier karretjie.

Sy het sandale uitgeskop en teen die leertjie opgeklim en gewag om ‘n sein te kry.

Maar daar op die dak, beland sy toe mos net mooi tussen die hel en die groen gras. Of liewers erger nog, binne die bereik van een van Afrika se top-roofdiere. Leeu.

Maar die leeu is nie alleen nie. Sy wyfie is by hom en sy is absoluut nie verheug om te sien dat haar mannetjie se aandag nou van haar af na 'n ander lid van die soogdierspesie verskuif het. Die leeuwyfie is in oestrus en daar is 'n dringendheid vir haar om die mannetjie se aandag weer op haar te vestig. Dit is hoe dit werk in die voortplantingslewe van leeus. Hulle paar elke twintig minute. Tot honderd keer per dag. En hierdie dame wag vir hom om sy deel te doen vir die voortbestaan van die spesie.

In plaas daarvan is om voort te plant, is hy nou gereed om aan te val en dood te maak.

Leah ken leeus. Jy lok nie 'n leeu uit nie. Jy kan nie vir 'n leeu weghardloop nie. En jy oorweeg dit nie eens om in 'n boom te klim nie, want leeus kan hoër spring en beter klim as enige mens. Nie dat daar op hierid stadium ‘n boom is waaraan sy haarself kan ophys nie.

En met een groot tree en glad nie te veel moeite nie, kan die maanhaar eintlik tot bo-op die Suzuki Jimney tree, en haar aan die anderkant met hom saamneem grond toe.

Dit is nie asof leeus gewoonlik iemand bestorm, wanneer hulle die regop gestalte van 'n mens sien nie. Hulle verkies om net weg te sluip. Verdwyn in die Afrika-bos. Veral as hulle vermoed dat hulle nie gesien is nie.

Hierdie keer was anders. 

Sonder om eers te weet dat hulle daar was, het Leah 'n baie spesiale oomblik tussen die leeu en sy bruid versteur. Hy was op die punt om haar weer te bestyg. Iets wat waarskynlik al vir ‘n dag of twee gebeur het, want leah sien onmiddelik dat die maanhaar uitgeput ... en honger is.

Sy lyf is dun. En nou sien hy 'n geleentheid om iets te vang.

Kos. Miskien was hy een van daardies wat al voorheen menslike bloed geproe het, die mens nou as voorkeur prooi verkies. ‘n Moontlikheid in die lig van die onlangse stropery-voorvalle op die plase en omgewing. Daarvan weet Leah al te goed. Sy is op die WhatsAp-groep wat vir plaaseienaars in die omgewing geskep is.  

Die leeu stap 'n paar meter terug, draai doelgerig om en meet duidelik die afstand tussen hom en die dier bo-op die voertuig. Sy liggaam trek saam, sy stert wip op en af en toe, met die spoed van weerlig storm hy.

Leah huiwer nie langer nie. Sy duik aan die ander kant van die Suzuki Jimney af. Nie ‘n sagte landing nie. Dit neem al die lug uit haar longe en daar is ‘n skerp steekgevoel in haar linkervoet.

Sy is gelukkig. Die leeu vlieg los bo-oor haar en die Jeepey, en spoed en momentum dar hom ‘n goeie dertig meter weg. Sy sukkel op en probeer om die kar se deur oop te kry. Maar dertig meter is net 'n kort entjie vir 'n vasberade kwaai leeumannetjie. Hy draai om en kom weer na haar toe aan.

So besig is Leah met die probleem wat haar in die gesig staar, dat sy nie eens die ander voertuig hoor nader kom nie. Sy hoor hoe 'n man op die leeu skree. Die harde knal van ‘n skoot wat uit 'n vuurwapen afgaan. Arms wat om haar gaan, die oomblik toe sy daarin slaag om die deur oop te kry en op die passasiersitplek inklouter.

Nie heeltemal waar nie. Sy is waarskynlik eerder deur die vreemdeling by die Suzuki Jimney de deur ingegooi. ‘n Man wat nou agter haar inskarrel en die deur tussen hom en die leeu toefoeter.

Wat Leah na die ander deur laat gryp, om dit ook toe te maak.

Die man het beslis haar lewe gered. En hóé hy dit alles in 'n breukdeel van sekondes gedoen het, is net kort van 'n wonderwerk.

Miskien is die grootste wonderwerk die feit dat die leeumannetjie 'n paar meter van die linker deur van die Suzuki Jimney af in sy spore vassteek en nie daarin vasgestorm het nie.

Tog is dit nogal intimiderend toe om hy rondom die voertuig begin sirkel. Dit is duidelik dat hierdie leeu besef het dat daar kos in hierdie blik is. Ingelegde mensvleis. Hy moet net uitwerk om dit hier uit te haal. 

"Nou wat?" Leah se stem klink vir haar maar dun.

"Nou ry jy!" beveel hy. "Wees net versigtig. Daar is dalk nog 'n voertuig agter jou."

“Reg.” Alles aan haar gaan aan die bewe toe sy die sleutel in die aansitter draai. Maar wanneer sy op die koppelaarpedaal trap om 'n rat te vind, skiet 'n skerp pyn deur haar kaal linkervoet se bal.

"Eina auch," skree sy.

"Wat?" Op daardie oomblik neem die vreemdeling vir die eerste keer sy waaksame blik van die leeu af weg om haar reguit en vraend in die oë gekyk.

Leah trek haar asem skerp in. Hy het die mees buitengewone amberbruin oë wat sy nog aan enige mens gesien het. Oë wat haar hart onmiddellik in sy spore kan laat stop. Son gestreepte donkerbruin hare, wat net 'n bietjie te lank en te buite beheer is om aan ‘n mens te behoort. Beslis nie die mans waaraan sy gewoond is nie.

‘n Engel dalk?

‘n Aantreklike Engel, met iets van die grasie, skoonheid en spoed van 'n leeu. ‘n Ondier? Iemand wat die instink van vroulike diere van sy spesie wakkerskud en tot onderdanigheid en oorgawe roep. Die mens is mos ook maar net biologies. 

En hy behoort tot dieselfde spesie as sy. Homo Sapiens. Sy behoort nie daaraan te twyfel nie.

Of moet sy liewer?

Maar na drie dae op die pad en min slaap tussenin, kies sy om liewer nie te dink nie. Sy is so moeg.

Word vervolg.



Hoofstuk 2 

Leah besef sy is op die punt om flou te word. Nie net van die skok om in die oë van 'n mens te kyk, wat haar herinner aan die leeu wat haar pas van die dak van haar SUV laat afspring het nie. En nie omdat hy nou so naby aan haar is, in hierdie baie klein en beperkte area op die voorste sitplekke van haar vyfdeur Suzuki Jimney nie, of omdat sy byna gehipnotiseer raak deur daardie ambergeel van sy oë is nie.

Nee, dit is waarskynlik van die pyn wat reg in haar linkerbeen opgeskiet het die oomblik toe sy met haar voet aan die koppelaarpedaal geraak het.

“Wat nou?” vra hy. “Ek het gesê ry!”

"Ek kan nie… Ek van die dak van my kar afgespring en in ‘n skerp stuk hout of iets beland. Dit sit nou in my voet vas en dit ... so seer."

Leeuman buk stadig vooroor en toe steek hy ‘n lang arm uit en draai haar voet net genoeg om haar nie verder seer te maak nie. Hy bekyk die skade waarna 'n diep en beswaarde sug vanuit die diepte van sy borskas ontsnap.

"Ag nee, dit lyk nie goed nie. Dit is glad nie goed nie. Hoekom dra jy nie skoene nie? Het jy ooit skoene hier by jou? Dit is Afrika jy weet." Vir ‘n man wat self op ‘n afstand na ‘n uitlander lyk, praat hy ‘n goeie Engels. En hy weet iets van Afrika en die feit dat sy hier dalk hier skoene gaan nodig kry.

Of liewer, hy beweer dat hy iets weet.

Maar Engels is beslis nie sy eerste taal nie.

" Ek het sandale saamgebring. Ek het net gedink mens hoef dit nie in Afrika te dra nie. Ek sien so baie foto’s en videos van mense wat kaalvoet loop in Afrika. Ek dog dit is die mode trend." Eintlik maak sy ‘n grap, maar leeuman die ondier dink nie dit is snaaks nie.

Hy lyk so ernstig, dat sy wonder of enigiets ooit vir hom snaaks sal wees. Dalk is hy nie uitgereik met ‘n sin vir humor nie.

Hy beduie omslagtig. "Om kaalvoet te loop, is nie 'n goeie idee wanneer jy in die veld loop nie. Hier is slange, skerpioene, dorings, skerp stokke en klippe. Ek raai sterk aan dat wanneer jy eendag by 'n nabygeleë dorp soos Bonsai aandoen, jy vir jou 'n paar stapstewels sal koop en dit dra wanneer jy buite rondloop."

"Ek het sandale gedra terwyl ek hierheen gery het."

"En hulle is nou waar?" Hy voel daar by haar voete.

"Nie hier nie. My sandale lê daar agter by die leer wat na die dak van my motor lei. Ek het hulle uitgetrek voordat ek bo-op my daktent geklim het."

"Ek sien. Volgende vraag... Wat het jy bo-op jou motor gedoen? Dit is nie hoog genoeg om van ‘n leeu af weg te kom nie. Soos jy nou self gesien het, die maanhaar spring ligvoets dwars oor ‘n klein Suzuki soos die."

"Ek is nie dom nie man, ek weet ek kan nie so van die leeu af wegkom nie. Ek wou my pa bel, maar hier was nie sein nie. Toe dag ek, soek ‘n hoër plek. En my kar se dak is hoër as ek.”

Hy kyk af in haar gesig. “Korrek, enigiets is hoër as jy…”

Die man soek vir haar, maar sy gaan nie in sy strik ook nog trap nie. “Toe verloor ek die foon. Wat beteken dat my selfoon ook nou iewers in die veld lê. En moenie my vra waar nie, want dit kan enigiets van hier af tot in Beira wees."

"Het jy die leeu met die foon probeer gooi, of het hy geval?”

“Geval, dink ek…”

“As hy geval het, is hy nog hier rond. As jy die leeu met hom gegooi het, kan hy ver wees en moet ons dalk hoor of ons buurland Zimbabwe bereid is om die ding weer terug te stuur. Dalk met 'n soort uitruil ooreenkoms. Wat jou pa aanbetref, hy was bekommerd oor jou. Daarom dat ons jou kom soek het. Jy het meer as een van ons sekuriteitskameras geaktiveer met jou hekke wat jy oop en toe gemaak het. Die laaste kamera is net daar." Hy wys in 'n rigting. Vir Leah kan dit enige plek op aarde wees.

Op daardie oomblik trek 'n ander veel groter voertuig langs die venster aan Ondier se linkerkant in.  

Ondier draai sy ruit af. En af kom die ruit van die ander voertuig ook. 'n Bekende stem wat haar naam uitgeroep het voordat sy gevra het. "Leah! O my aarde Sergio wat gaan aan. Hoekom vat julle so lank om weg te trek.  Sê net vir my dat my dogtertjie oukei is."

"Pa?" Leah lig haar kop op. "Pappa ..." en toe kom die trane.

Ondier hap ‘n paar borrels van skok. Vroumenstrane maak hom ongemaklik. Hy verduidelik na die beste van sy vermoeë. "Sy het 'n bietjie seergekry John, maar darem is dit nie ‘n krap of byt van die leeu nie en niks is krities nie. Sy het in ‘n stok of ding beland met die afspring slag. Die skade aan haar voet is net erg genoeg dat sy nie die Jimney sal kan bestuur nie." En daar maak Leeuman die deur oop en klim uit die karretjie asof ‘die dood nie meer in die lang gras langs hulle skuil nie. Enigiets is seker meer hanteerbaar as ‘n vrou wat huil.

Hy kyk om hom rond voordat hy rondom die kar stap en die deur aan die bestuurderskant van die kar oopmaak, waarna hy vra: "Dame, kan jy weer na die passasierskant to oorklim? Jy lyk klein genoeg om dit te doen."

Dame? Van alle titels wat hy haar kon gee. 

"Nee ..." Sê Leah. Dit was adrenalien en sy hupstoot wat haar laat vlieg het. Behalwe dat dit niou weg, begin die seer in haar voet om haar stadag maar seker dood te maak. Sy sit waar sy sit.

Die man besef dit waarskynlik self, want die volgende oomblik tel hy haar van die sitplek af op en dra haar in sy arms na die ander kant van die voertuig.

"Waar is die leeus?" wil sy geskok weet. 

"Weg. Hulle het gebokkerof. Te veel mense, dink ek. Maar droog net asseblief jou trane af want jou beproewing is amper verby ... Die huis is naby."

 

Die vreemdeling parkeer haar Suzuki agter die ou plaashuis by die kombuis en die keer wip sy self uit, voordat hy weer dink sy kan niks vir haarself doen nie. Sy staan op een voet en wag dat haar pa haar omhels. Dit is so lekker om hom weer te sien. En daar spat die trane weer. Sy voel soos ‘n baba.

Maar voordat sy omval, moet sy dalk 'n stoel kry. Van eenbeen staan raak sy uit balans.

En daar doen ondier dit weer. Hy raap haar in sy arms op en dra haar na die stoep en dwarsdeur die kombuis waar die arme Maria, die Portugese kok en huishoudster en ook 'n dierbare vriendin van haar ouers, met haar hande oor haar mond staan. Sy wou ook nader kom om Leah te groet. Nou is sy vasgenael van skok.

“Leah! Wat het met Leah gebeur?”

“’n Ongelukkie. Sy het haar voet gebruik om ‘n tak van ‘n struik mee te af te breek. Toe kom die tak saam huis toe.”

Leah keer. "Dit is oukei Maria. Dit is net 'n klein stokkie wat in my voet vassit. As hierdie gawe reus my net iewers sal neersit, sal ek dit uittrek en die gaatjie toeplak. Oor ‘n minuut is ek op my voete en dan kan ons behoorlik groet."

Daar slaan Sergio oor na Portugees. Waarskynlik sy moedertaal, maar hy praat met ‘n Europese aksent, nie die Portugees van Mosambiek of Brasilia nie. Hy vra: "Waarheen moet ek met die vroumens gaan? Sy lyk miskien klein, maar glo my, sy word nie juis ligter by die minuut nie." 

"Haar kamer is die een net langs jou woonstel. Die een met die en suite-badkamer, Sergio," verduidelik Maria en begin voor hom uitstap, om die spoggerige deken van die bed af te haal. Daar mag nie op die mooi goed van die plaas gebloei word nie.

En dit is op daardie bed waar Sergio haar met groot gebaar en ‘n oordrewe sug van verligting neersmyt. Waarna hy haar been optel om mooi na die stok wat nou vir ongeveer 'n uur deel van haar voet is te kyk. Dit raak nie minder gevoelig nie, en die ding is nie van plan om vanself uit te val nie, dit weet Leah teen die tyd.

Sergio laat sak haar been stadig en verklaar. "Nee, hierdie paal gaan hom nie sommer net laat uittrek nie. Jou dogter het 'n dokter nodig. Jy sal haar hospitaal toe moet neem, John. Dit moet onder plaaslike narkose verwyder word anders gaan daar stukke in die voet agterbly. Dan sal sy antibiotika nodig hê, steke waar dit 'n gat sal laat. En sy het dalk ‘n pynpilletjie of twee nodig om haar die volgende dag of wat deur te kry."

Maria hyg. "Ag nee. Ek het so uitgesien na Leah se koms en nou die ongeluk. Maar hoekom kan jy dit nie alles vir haar Sergio doen nie?"

"Omdat ek nie 'n mediese dokter is nie en dit nie eties is vir my om enige prosedures op mense te doen nie."

Haar pa benader hom uit 'n ander hoek. "Kyk Sergio, as sy 'n oulike wildehondjie of olifantbabatjie in dieselfde moeilikheid was, wat sou jy doen? Het jy haar gelos om te sterf?"

"’n Olifantjie of wildehondjie sal nie van ‘n stok in die voet sterf nie. Net kondusie verloor totdat die saak uitgesorteer is. Of iets sou hulle gevang en opgevreet het omdat hulle nie by die trop kan bly nie.”

“So eenvoudig soos dit Sergio?” Haar pa praat ook nou Portugees. “En jy sal toelaat dat dit met my kind gebeur?”

“Nee, die mens het die verstand gekry omn iets daaraan te laat doen. Soos dat jy haar nou na ‘n dokter gaan neem. As sy 'n olifantkalf of 'n wildehond was, sou sy waarskynlik dae lank daarmee probeer loop voordat ons besef het dat sy in die moeilikheid is. Dan sou sy gaan sit en die wond lek en byt totdat die vreemde voorwerp haar liggaam verlaat het. As iemand vir my laat weet dat hulle 'n olifant of hond met so iets in hul voete gesien het, sal ek haar gaan dart en dit verwyder."

Portugees is Leah se taal ook. Sy praat Afrikaans, Engels en Portugees. Maar hierdie voels soos Grieks. "Waarvan de hel praat julle? Wat 'n olifantbaba of 'n wildehond het, het te doen met die stok in my voet."

Die twee mans kyk na mekaar en toe kyk hulle na Maria. Uiteindelik is dit haar pa wat die verduideliking gedoen het. "Leeus en olifante is Sergios se gunsteling diere en nuut in die omgewing ingebring. en wildehonde is op die rooi datalys vir skaars en bedreigde spesies. Ons het nie baie van hulle hier nie. En jy is my kosbare dogter. Die naaste dokter en klein kliniek is ongeveer vyf en sewentig myl van hier af. Bonsai het nie meer dokters nie."

Genoeg, besluit Leah. Dit was tyd om haar lot in eie hande te neem. Sy het baie dorings van haar voete verwyder. "Hou op om oor 'n dokter of kliniek te praat. Ek het nie een daarvan nodig nie. Ek sal die ding self verwyder."

"Sien Sergio! Dit is die dogter waarvan ek jou vertel het. My dapper Leah. Maria bring vir ons van my spesiale brandewyn."  

Maar Sergio is duidelik nie oortuig van haar pa se vertroue in haar nie. Hy vou sy arms oor sy bors en plant homself stewig aan die onderkant van die bed. Die uitdrukking op sy gesig het wys dat as daar iets is wat hy ooit in sy lewe wil sien, is dit nou dit. Hy wil sien hoe Leah daardie klein skerp takkie uit haar voet pluk. 'n Oomblik wat hy gaan geniet. Sadis! 

Leah sit stadig regop en laat sak haar regterbeen van die bed af. Toe sit sy haar linkervoet oor daai een, draai haar voet effens om beter te kan sien en begin die om ding wat soveel ongerief in haar lewe veroorsaak te inspekteer.

Maar wanneer sy aan dit raak, kan sy deur die dak klim van seer.

Haar pa het genoeg gehad. "So Sergio, gaan jy regtig staan en na my dogtertjie kyk, terwyl sy soveel pyn verduur. Help haar asseblief."

Hy knik met sy kop. Dit is 'n nee nee.  "Nee John. Dit is eenvoudig, jy moet haar na ‘n kliniek of hospitaal toe neem, anders sal ek dit doen."

Dit bring Leah op haar voet. Die een waarop sy kan staan, en net ‘n sentimeter of twee langer kan lyk voor hierdie lang ou, haar pa en Maria. "Gaan hier weg almal. Los my uit. Ek gaan nie hospitaal toe nie. Ek het pas hier aangekom. Maria bring asseblief vir my 'n Disprin en van pa se brandewyn en laat my slaap vir die nag. Ek sal die probleem môre hanteer."

Dit is duidelik dat Sergio ook nie met daardie voorstel saamstem nie. "Môre sal daardie voet begin septies raak. Jy kan bloedvergiftiging kry wat jou ellendig sal laat voel. En as jy genoeg van jou pa se mampoer drink om jou vanaand te troos, sal jy môre 'n verskriklike babelaas hê."

"Sien Sergio, ek het jou gesê. Hardkoppig. So asseblief, wees my gas en gaan voort. Jy is die enigste een hier wat naastenby gekwalifiseer is om haar te help."

"Hoe is Sergio op naastenby gekwalifiseer om my te help? Is hy 'n kabinetmaker van beroep of ‘n houtkapper wat my voet met ‘n byl kan afkap?" wil Leah sarkasties weet, voordat sy weer op die bed afsak. Hy lyk soos iemand wat met sy hande werk buite in die bosse. Dalk kap hy ook bome af en maak houtskool soos die inheemse mense van die omgewing.

"Nee man Leah, Sergio Martinez is 'n veearts. Hy is dokter Sergio Martinez van die natuurlewe stigting en leeu hervestigingsprojek." 


Hoofstuk 3

"Ek is 'n dokter van diere. Ek raak nie aan mense nie," lig die lang ou met die amberkleurige oë en deurmekaar donker hare vir Leah is.

Vir 'n oomblik is Leah verstom. As dit is hoe ‘n veearts lyk, is sy Picasso se ronde teepot wat pas in ‘n vrouestandbeeld verander het. Hy lyk soos die ouens wat hulle by die kunsskool laat klere uittrek het, op ‘n verhoog uitgestal het, met ‘n pampoenblaar op ‘n strategiese plek gedrapeer. En dan moes die studente hom teken.  Al giggelend. En hy moet sedig bly, want hy is die sexy model.

Maar niemand hier in die kamer lag nie.

Dan is hy ‘n veearts. Een wat dalk die stok uit haar voet sal kry, sonder dat sy haarself sopnat wieps van pyn. Die dat sy besluit om maar mooi te vra: "Wel, dokter Sergio Martinez, veearts. Haal asseblief die ding uit my voet soos wat jy dit uit een van jou oulike klein renostertjie, olifante of wildebrakkies se pote sal haal. Ek sal jou nie dagvaar as ek in die proses bek en klouseer opdoen nie. Ek sal selfs 'n vrywarings-ooreenkoms onderteken as dit jou beter sal laat voel."

Die man is duidelik op die punt om weer nee te sê. Maar vir ‘n oomblik lyk hy meer verward. Spot sy dalk met hom? Sy kyk hom vas in die oë. Nee, sy sal beslis nie met hom spot nie. Nie in so ‘n toestand van pyn nie, sein sy terug.

“Een van my dierepasiënte. Dan sal ek begin deur jou te dart…”

“Nee asseblief, moenie op my darts speel nie.”

Sy oë word sag. Amper verskyn daar ‘n sweem van ‘n glimlag om sy mondhoeke.

"Nee, alles reg, jy hoef niks te teken nie. Moet net nooit vir iemand sê dat ek op jou geopereer het nie. Noem dit eerder 'n eenvoudige prosedure om 'n baie hardnekkige stuk houtstomp uit jou voet te verwyder.” Hy draai om en vra. “Maria, kook asseblief vir my 'n ketel water en bring vir my 'n vlekvrye staalbak om my instrumente in te sit. En jy dame, bly net hier, ek gaan haal net gou my tas met instrumente uit my trokkie."

Bly net hier, dame! Waar sal sy heen verdwyn met ‘n stok in die bal van haar voet?

Leah wil amper histeries begin lag. Of miskien gebeur dit van verligting. Die idee dat haar lewe hierna moontlik beter kan word. Terugkeer na normaal na ‘n taamlike slegte ervaring wat ‘n souvinier in haar voet gelos het.

Of gee dan asseblief maar weer die moegheid die skuld, want sy begin lag en toe loop die trane, waarna Leah in haar kussing draai en alweer huil.

“Toemaar my kindjie. Sergio gaan jou sommer gou reg kry. Hy is nou wel ‘n veearts, maar hy help dikwels mense met mediese probleme. Binne perke. En daai stok is sekerlik binne sy perke.” Haar pa kom sit langs haar op die bed en sit sy een hand op haar rug. Hy voel waarskynlik so hulpeloos soos destyds toe sy nog 'n baie klein dogtertjie in die huis was. Op sulke geleentheid het hy gewoonlik haar ma geroep.

Maar intussen het haar ma hom gelos. Ook uit sy lewe padgegee. Sy woon nou in Portugal. Hulle almal het hom gedrop! Sy inkluis. En daar huil sy oor haar arme pa se dilemma.

Daar is niemand wat hy kan bel om te kom help om die stukke op te tel terwyl sy dogtertjie nou haar oë uitsnik nie. Ja, selfs nou op amper nege-en-twintig is Leah nog steeds haar pappa se enigste klein dogtertjie.

Sy is so verskriklik lief vir hom. Eers noudat sy weer terug is op die plaas, besef sy hoeveel sy hom die afgelope sewe jaar gemis het. Hulle het mekaar wel so af en toe gesien, wanneer hy en Ma Pretoria toe gery het. En met Ouma, sy ma se dood drie jaar gelede.

Maar in die sewe jaar het sy nooit plaas toe gekom nie.

Sy het sewe jaar van haar en haar pa se lewens gesteel danksy haar selfsugtigheid en misplaaste trots. Sy voel skuldig oor die rol wat sy gespeel het in haar eksman se verraad. Hy het haar gebruik om by die Gonzalesfamilieplaas uit te kom. Die plaas wat haar oupa as Hurter’s Retreat geregistreer het toe sy dogter en skoonseun hier kom woon het.

Want hulle is die toekoms. ‘n Toekoms wat sy hopelik weer op spoor gaan help sit met al haar planne. Realistiese planne, let wel.  

Die gedagte aan haar oupas en oumas wat ook nie meer met haar is nie, laat haar nog meer snik.

Toe hoor sy weer Sergio se stem. "Leah, ek is so jammer, maar wat ek gaan doen, gaan jou waarskynlik eers weer seerder maak."

"Ek huil nie oor my voet seer is nie. Ek huil oor ander goeters. Maar wees gewaarsku, as jy my seermaak, gaan ek jou in die gesig skop ..." sy voeg darem by. “Nie aspris nie. Refleks.”

"Regtig? Maak dan net seker dat jy jou ander voet gebruik. Nie die een met die telefoonpaal daarin nie. Ek wil nie deur ‘n hoef en ‘n telefoonpaal op een slag teen die kop getref word nie," antwoord hy rustig en gaan sit op die plek waar John nou opstaan.

Die man is waarskynlik so gewoond daaraan om deur die meeste van sy harige en vierpootige pasiënte in die gesig geskop te word dat hy nie eers bekommerd lyk toe sy omswaai en hom eers reguit in die gesig aangluur nie. “Telefoonpaal? Is jy sarkasties?”

Hy kyk terug. "Sarkasties? Nee nooit. Ky hoe lyk die ding! Maar sal jy asseblief liewer weer omdraai. Jou voet is nou onderstebo en ek gaan nie eens probeer om hom nek om te draai nie. Dit gaan vir my en jou baie makliker wees as jy op jou maag bly lê en probeer om die voet stil te hou. Sit jou gesig maar weer in die kussing, dan kan jy lekker voort huil. Moet jouself net nie daarin versmoor nie." 

“Ag voessek man, en hou jou grappe vir jouself,” brom sy in Afrikaans. Maar daarna druk sy haar gesig weer in die kussing toe hy die naald in haar been druk, net bokant die enkel. Beweeg af na die hak en dan al om die stokkie wat moet uit. Hy masseer haar voet liggies, totdat hy seker is dat die gevoel daarin heeltemal weg is. 

Hy werk sag. Verduidelik alles aan haar soos wat hy aangaan. Hoe hy ‘n bietjie groter gaan sny om die ding los te kry en seker te maak dat daar nie stukkies agter bly nie. En sy wag nog dat hy moet sny, toe stel hy mister Stick al aan haar voor. Daardie stoute indringer van telefoonpaal afmetings. Een wat dit gewaag het om in die mooiste poot te steek hy nog ooit die voorreg gehad het om in sy growwe werkershande te hou.

“Wil jy die stomp in ‘n bottel hou om eendag vir jou kleinkinders te wys?” vra hy met ‘n baie seldsame glimlag op sy aantreklike gesig.

“Nee, gaan sit hom by die braaivleis hout, dan kan ons ’n steak op sy kole gaarmaak.”

En daar lag hy. 

Kan jy dit glo? Dokter Sergio Martinez het sowaar 'n sin vir humor!

Growwe werkershande, noem hy dit. Maar nee, noudat Leah haar jop uit die kussing draai en mooi na sy hande te kyk, terwyl hy die blou mediese handskoene uitgetrek het, kan sy nie anders as om te dink dat dit eintlik pragtige en goed versorgde hande is vir 'n man wat met wilde diere in die bos werk.

Terwyl hy opruim, maak sy haar oë weer toe en sluimer in, totdat hy haar wakker praat.

"Jy kan nou weer op jou rug draai, sodat ek kan sien of jy nog lewe."

Leah draai om. Sy is beslis nie dood nie, dankie. Net uitgeput en emosioneel. Die lang afstand het sy deur die Nasionale Park in Suid-Afrika gery. Die lang wag by die grens. Die afstand van daar na die plaas. Reis op paaie wat nie juis in die perfekte toestand van 'n formule een-baan is nie.

En toe die baie traumatiese ervaring met die leeus.

"Ek gaan vir jou iets gee vir pyn en om jou later lekker te laat slaap. Maar eers nadat jy iets geëet het."

"Ek sal vir haar gou ‘n bordjie kos in die kombuis gaan haal. Maria het 'n fynproewersmaaltyd gemaak om haar terug te verwelkom nou sal ons dit maar seker later sonder haar moet eet. Ek kan sien my kind is stokflou." Dan was haar arme pa nog die heeltyd daar saam met hulle in die kamer. Sy gesig is so bleek soos die mure agter hom.  Hy kon dit sekerlik nie geniet om na die veearts se sogenaamde prosedure op sy dogter se poot te sien gebeur nie. 

Nou gryp hy die geleentheid aan om homself uit die voete te maak, met albei hande aan.

"Ek sal eet nadat ek gestort het," sê Leah en rol na die kant van die bed. “Ek moet eers stort en hare was. Ek kan nie in ‘n skoon bed slaap as ek nie gestort het nie.”

"Nie aan te beveel nie." Dokter Sergio vou weer sy arms oor sy bors. Leah besef teen die tyd dat dit ‘n nee-nee-teken.

"Ek moet en ek gaan." Sy staan op om vir hom te wys hoe ernstig sy is. Sy sal haar nie deur ‘n reusagtige, bosserige, baserige ondier van ‘n man laat keer nie.

Hy weet wanneer hy verloor het. Hy laat sak sy arms.

"Goed wag." Hy verdwyn en verskyn weer, hierdie keer met ‘n rolletjie glad wrap uit die kombuis, wat hy om haar voet en die verband daarom te draai.

Toe staan hy terug en wag.

"Wat nou?" vra sy. “Ek het gesê ek gaan stort. Soos in my klere uittrek en onder die water instap. Ek soek nie ‘n onwelkome afloerder nie.”

"Ek is nie ‘n afloerder nie. Wat laat jou dink dat ek sal belangstel om jou of enige vrou kaal te sien sonder julle toestemming? Ek gaan net hier in die kamer wag vir ingeval jy flou word. En jy sluit nie daardie badkamerdeur nie. Jy maak dit nie eens toe nie, want anders sal ek in die badkamer moet gaan sit om te kyk of jy orraait is." Dit is nie net ‘n dreigement nie. Sy oë vertel vir haar dat hy dit waaragtig sal doen.

Sy kan sê: Oukei, kom ons kyk of jy dit steeds sal doen wanneer ek jou ore vir jou vuurwarm klap? Maar jy maak nie sulke grappe met 'n ernstige ou soos dokter Sergio Martinez nie.

In plaas daarvan, sê sy net. "Ek moet die deur toemaak. Wat as jou oë net 'n bietjie te veel in daardie rigting dwaal?" Nie asof dit te sleg sal wees vir haar selfbeeld as so 'n aantreklike man soos hy dalk net 'n bietjie in haar rigting wil loer nie.

Veral nadat hy pertinent genoem het dat hy nie belangstel om haar of enige ander vrou kaal te sien nie.

Hy dink ‘n oomblik na, toe sê hy: "Ek sê mos ek sal nie kyk nie. Ek sal deur jou tydskrif blaai en daarin lees. Ek belowe."

Regtig? 'n Tydskrif vol vrouegoed en klere en artikels. Dit sal baie interessant wees om te sien wat 'n manlike karakter soos Sergio Martinez met al die meisie inligting in hierdie boek gaan doen. Maar laat hom dan maar begaan…

Hy sit dan al klaar met die boek voor hom om te wys, sy gedagtes is nou elders.

Wat die vraag laat ontstaan. Wie spioeneer nou eintlik op wie, terwyl sy stort?

Leah glimlag toe sy later in die bed klim en terugdink...

  Sy het natgemaak en seep gesmeer, sjampoo in haar hare gesit. Gewas en afgespoel. Daarna het sy versigtig oor haar skouer geloer om te sien of die man se amberoë nog steeds op die bladsye van haar tydskrif gerig is.

Maar om hom daar te sien sit, het gemaak dat sy nie weer kon wegkyk nie. Sy het gefassineer gekyk na die uitdrukkings wat oor sy aantreklike gesig flits, as iets in die tydskrif hom interesseer het hy gelees. Sekere goed het hom dadelik laat omblaai. Daardie knik van sy kop, terwyl hy waarskynlik by homself dink, ja tipiese vroue-dinge.

Waarna hy onverwags die ding toeplak en eenkant toe gooi.

Nee, hierdie tydskrif is nie vir hom nie. Miskien het hy op daardie oomblik agtergekom dat die water opgehou loop het. Dat daar nie meer beweging in die stort was nie, want hy het omgedraai, op sy voete gekom en reguit in haar rigting gekyk.

Vraend, bekommerd.

Net om haar nuuskierige blik op hom te vang.

Waarna hy haastig na ‘n handdoek gegryp het om vir haar aan te gee om haarself mee te bedek. Maar dit was te laat. Hy het gesien wat hy gesien het ...

En hy het duidelik daarvan gehou. Dit was oor sy hele gesig geskryf.

En Leah het daarvan gehou, dat hy daarvan gehou het. Maak kastig asof hy immuun is teen ‘n naakte vrou. Sy kan sweer sy sien selfs hoe alles wat van hom ‘n man maak net daar op aandag spring.

Sy giggel saggies by haarself by die onthou daarvan en draai op haar sy. En dit is nie lank nie, of ‘n heerlike slaap kom haal haar. Sy weet skaars van die eina voet.

Pynpille help vir fisiese wonde.

Soms is daar geestelike skade wat die oog nie kan sien nie.  

 

Hoofstuk 4

As dit Amerika, Engeland, Australië was, waarskynlik enige plek in die wêreld, sou hulle jou sterk aanbeveel het om 'n psigiater of berader te gaan sien, na ‘n traumatiese belewenis soos die een wat Leah ervaar het. Maar nou is sy in ‘n afgeleë deel van Afrika en daar is nie mense met sulke kwalifikasies naby nie.

Sy moet maar self 'n manier vind om dit te verwerk.

Waarskynlik die rede hoekom sy haarself nou terug bevind op die plek waar die leeus gepaar het. Daar waar sy byna van die dak van haar SUV afgespring is, deur die maanhaar. Mens kan dit as 'n ‘ground hog day’ sien, of jy kan dit pure onnoselheid noem.

Maar hier is sy sowaar weer, vasbeslote om na haar verlore selfoon te kom soek. Iets in haar onderbewussyn wil haar egter waarsku om baie mooi om haar te kyk voordat sy uit die Suzuki klim.

Daar is op die oog af niks... sy is waarskynlik veilig. 

Of nee, toe nie, want daar is hulle nog steeds. Koning Leeu en sy koningin van die oomblik. Sy terg hom met die lig van haar stert. Ontbloot haarself skaamteloos voor sy amber oë. En wat doen die ondier?

Hy val op die grond en bedek sy gesig met een van sy groot pote. Alles aan hom skree in hoofletters. “Asseblief, net nie weer nie. Ek het genoeg gehad. Kan jy nie sien ek is opgebruik en uitgekuier met jou en die situasie nie.”

Selfs 'n groot leeu soos hy moet van tyd tot tyd na groener gras anderkant die draad kyk. By wyse van spreke, kom dit by Leah op. Aangesien mens kan aanvaar dat karnivore soos leeus waarskynlik glad nie op daardie manier na gras kyk nie.

Maar wanneer 'n mens soos sy deur die gras loop en skop skop om haar foon te probeer vind, kyk hy met ander oë na haar.

Die oë van ‘n man, wat ‘n vrou sien verbystap.

K link dit na moeilikheid soek? Ja, dit is moeilikheid soek. Jy skop nie met kaalvoete na graspolle nie. Want daar gebeur dit weer. 'n Stok so groot soos 'n telefoonpaal wat in haar linkervoet vassteek en blare en takke begin skiet.

Die vloek van dokter Sergio Martinez. Hy spot mos dat dit nie braaivleishout was nie. Nee, dit is ‘n struik, ‘n telefoonpaal.

Karma. Mens moet nooit grappies maak oor iets sleg wat gebeur het nie. Sy gaan verseker vir hom aan die mag van Karma herinner wanneer hy haar later kom red uit die gevaar waarin sy nou is.

Hy gaan kom. Soos die ondier wat vir skoonlief uit haar gemors gered het.

Hy beter, want die volgende oomblik haal meneer Leeu sy voet voor sy oë weg. Daar is ‘n weerligstraal. Dit reën hard in Mosambiek. Sy hoor die geluid van water op ‘n sinkdak. Maar sy word darem nie nat nie. Maar nou is dit sy en meneer Leeu. Al ruik hy soos ‘n nat kat.

En toe is hy op haar. Sy voel sy voete deur die stopkombers. As hier net ‘n boom iewers was om te klim.

  “Dit gaan nie help nie. Leeus is beter klimmers as mense." Leah kon amper haar oupa se stem in haar ore hoor. Hy was altyd 'n onderwyser. Kon haar altyd inlig en vertel hoe die natuur werk. Hy het nooit studeer nie, maar sy algemene kennis was omvattend.

Leah huiwer. As sy net onder die leeu kan uitkom, kan sy seker in die klein Jeepey klim en die deur toemaak, maar nee. Die telefoonpaal anker haar een plek vas.

Snaaks dat sy nie vergruis word onder die gewig van die leeu nie. 'n Volgroeide leeumannetjie kan meer as tweehonderd kilogram weeg. Sy lig 'n arm op en probeer haar keel beskerm. Daardie deel van ‘n liggaam waarop 'n leeu gewoonlik inzoom, om sy slagoffer finaal af te maai.

Maar hy maak haar nie dood nie. Hy lek haar gesig met sy skurwe tong en probeer om onder die komberse in te kom. Sy oë is nie vol woede en haat nie. Dit is gevul met iets anders. Wat sy daar sien is iets soos ... begeerte!

Die leeumannetjie wil met haar paar.

Sy liggaam begin beweeg. Sy spies soek na 'n plek waar hy dit kan indruk ter wille van die oorlewing van sy spesie. Maar wat hy daar het, is onmenslik groot ...

Leah probeer padgee, maar hy grom en ontbloot sy tande.

Die reuk van sy asem is afgryslik. En die iets groot en nat wat hy op haar wil gebruik probeer nou om onder haar slaap T-hemp in te klim. As sy daardie gedoente van hom in haar hande kan vashou. Dit dalk so bietjie ruk en pluk, sodat hy van die ongemak daarin ontslae kan raak, voordat hy dit op haar gebruik. In haar gebruik!

Uiteindelik begin sy mooi praat, al weet sy dat hy nie 'n woord verstaan wat sy sê nie. "Asseblief ek weet wat jy gaan doen, maar laat ek ten minste net eers die klere wat in jou pad is uittrek. Wees sag en sit dit eers net stadig in, dan sal ek nie weerstand bied nie. Ek kan nie eens onthou wanneer laas ek met ‘n man was nie, laat staan ‘n monster van ‘n telefoonpaal soos joune."

“Waarvan praat jy vroumens?” Die bedlig langs Leah kliek aan. Sergio probeer om die greep van haar hande wat sy om die nek van 'n arme onskuldige nat dier het, los te maak.

Hy is duidelik dik van die lag, maar hy glimlag nie eens nie. Net sy oë vonkel toe hy sê: "Leah, los my kat. Jy gaan haar doodwurg. Sy was buite en het natgereën. Sy soek net ‘n plekkie om droog te word en in te kruip." 

Uiteindelik kry hy die klein Afrika-wildekat los en druk haar styf teen hom vas.

Leah kyk verbaas na hom. Waar val hy nou uit met sy kastige kietsiekat? "Jy was nie hier toe die leeu my probeer verkrag het nie."

"’n Leeu? O my genade nee, Leah. Klein Gato is nie ‘n leeu nie. En sy sal nooit so iets doen sonder jou toestemming probeer doen nie. En Gato is 'n dogtertjie, nie 'n seuntjie nie."

Die kat is getraumatiseerd en probeer loskom en Sergio laat haar gaan. Toe raak hy aan Leah se voorkop met die agterkant van sy hand en vra baie simpatiek. "Is jy oukei. Sukkel jy om te slaap? Dalk het jy 'n bietjie koors. Moet ek vir jou ‘n pilletjie gaan haal? Daar is nog van jou oupa se slaappille in die badkamerkassie in my woonstel. Heeltemal veilig om te neem."

"Nee dankie, ek slaap liewer nooit weer nie. Nie as ek weer ‘n nagmerrie soos hierdie laaste een kry nie. Maar jy kan nou teruggaan na jou bed. Ek sal oukei wees ..."

“Hoe voel jou voet? Die lewe het seker intussen teruggekeer…”

“My voet is ook oukei, dankie.” Leah kyk ondersoekend na hom. Sy sal wat wil gee om te weet hoeveel van die gesprek tussen haar en die ‘maanhaarleeu’ hy gehoor het. Sy skaam haarself morsdood.

"Ek is bly jou voet voel oukei. Dan het ek ‘n ander voorstel. Kom ek gaan maak vir ons elkeen 'n beker warm sjokolade in die kombuis. Ek is ook nou helder wakker na die swaar weer en reënbui van netnou." bied hy aan. “Dit is dalk net wat jy nodig het om weer te slaap.”

"Te veel moeite, maar dankie. Ek sal 'n rukkie deur die tydskrif blaai. Hopelik het ek niemand anders in die huis wakker gemaak met my gestoei met jou arme katjie nie. Jammer daaroor ek sal more met haar vrede maak."

"O, maar jy het mense gesteur!" kom 'n stem van die oop deur se kant af. 'n Stem uit die hel. Die laaste persoon wat sy gehoop het om daar te ontmoet… "Hoe gaan dit met jou, Leah? Jou pa het vir my gesê dat jy gister 'n klein ongeluk gehad het toe jy hier aangekom het."

Daar staan Ralph Jameson, haar ex-man.

Sy is nou wakker, maar die nagmerrie gaan nie weg nie.

“Ag nee.” Sy sug diep en kyk weg. As sy haar oë toemaak bars hy dalk soos ‘n borrel en verdwyn. Maar hy doen nie.

Inteendeel hy maak sy stem dik en vra weer: “Ek het met jou gepraat Leah. Hoe gaan dit met jou voet? Ek wou gisteraand al kom inloer, my tasse kom neesit, maar jou pa het my gekeer. Gesê jy slaap waarskynlik van die pynpille.”

"My voet is baie beter, dankie." Hoekom wonder sy skielik hoe haar hare lyk? Hoekom pla dit haar dat sy nie lipstiffie aanhet nie? Sy stel verseker nie meer belang daarin om hom te beïndruk nie. Veral omdat hy haar in die laaste twee maande voordat hy haar gelos het, tot in die grond afgekraak het. Oor en oor vir haar vertel hoe onversorg en nutteloos sy is. Hoe spyt hy is, dat hy selfs net gedink het dat dinge tussen hulle kon uitwerk.

Dat sy enigiets kon bydra tot die visie wat hy vir sy lewe gehad het.

En nou het hy die vermetelheid om van tasse neersit te praat asof hy net weer kan terugstap en haar kamer met haar kan deel.

As hier nie nou ‘n vreemdeling by hulle in die huis was nie, en as sy nie bang was dat sy dit heeltemal verloor nie, het sy hom nou ‘n klein stukkie van haar gedagtes gegee. Maar sy gaan dit nie sag doen nie.

Daarom liewer nie eers begin nie. Net stilbly. Wag voor die mond.

Sy het gedink dat sy in die sewe jaar oor hom gekom het. Dat sy niks sal voel wanneer sy hom weer sal sien nie. Dat die vrees wat sy in daardie laaste maande gevoel het as hy onverwags op haar afgestap het sou weg wees.

Dit is nie weg nie. En sy voel nie niks nie…

Sy voel minder as niks vir hom. Sy verag hom. Sy is lus en gooi hom teen die kop met die wekker op haar bedkassie.  

Hy het haar gelos. Wat het haar welstand met hom uit te waai? Sy draai stadig na hom. Sy probeer nie eens om die minagting uit haar stem te hou nie. “Wat de joos maak jy hier, Ralph? Wanneer het jy hier aangekom? Het jy nie gesê jy is klaar met die plaas en die gemors hier nie?"

"Dit was in die oomblik. My situasie het verander. Ek het vroeg gisteraand in gevlieg, met my eie vliegtuig. Ek het altyd jou pa belowe ek sal terugkom en klaarmaak wat ek hier begin het. En noudat ek my fortuin gemaak het, my liewe Leahtjie. Nou is ek terug om weer op my regmatige deel van Hurter's Retreat te kom woeker. Is jy nie bly om my te sien nie? Ek hoor jy was maar taamlik platgeslaan oor die hele … ding."

Die ding waarvan hy praat, is seker hulle egskeiding. Dit was sewe jaar gelede. Sy wil nie eens daaraan herinner word nie. Dit was seer destyds, maar dit is verby. Genadiglik.

“Platgeslaan? Dit was die beste ding wat nog met my gebeur het. Jy moes net weggebly het. Verkieslik vir altyd.”

Hy steek sy arms na haar toe uit. “Hoe op die aarde kan ek wegbly? My lewe het hier agtergebly. Hoe lyk dit met ’n soen, my liefste?”

“Is jy nou heeltemal stapelgek? Voertsek uit my kamer Ralph.”

Hy lag. “Dis hoe ek van jou hou. Vurig en bekkig soos altyd. En daarna die beste seks ooit.”

En dit is die oomblik waarop Sergio tussenbeide tree. Hy troon oor Ralph terwyl hy na die deur wys. “Jy het gehoor wat die dame sê. Verlaat die dame se kamer. Sy soek jou nie hier binne nie. Gaste word nie toegelaat om in hierdie area van die plaashuis of op die tweede vlak nie.”

"Nee, verkeerde vraag, groot man. En nie die een wat jy vir my moet vra nie. Daarom wil ek weet. Wie is jy en wat doen jy in my huis en in my vrou se slaapkamer?"

Die gewensde uitwerking want Sergio laat sak sy arms en staan eenkant toe.


Hoofstuk 5

Sergio Martinez staan eenkant toe en Leah voel hoe die paniek in haar opstoot. Dit is duidelik dat die groot man haar hierna aan Ralph se genade gaan oorlaat en dit mag nie.

Dit kan nie.  

"Nee wag Sergio. Moet asseblief nie loop nie. Jy is baie meer welkom hier as daardie … man. En moet my nooit weer jou vrou noem nie, Ralph Jameson. Ons is niks van mekaar nie. Uit my kamer. Loop nou!" Wat ‘n magtelose gevoel ervaar sy op daardie oomblik. Die wete dat sy nie groot en sterk genoeg is, om hom plat te slaan en en dan met ‘n allemintige skop uit haar kamer te pos nie.

Dat hy haar moontlik weer soos in die tyd toe hulle nog getroud was met geweld op die bed kan neersmyt en vat wat hy wil hê.

‘n Getroude man is mos geregtig daarop. En in sy kop dink hy duidelik dat dit nog steeds sy reg is. Hy het nie sy vrou se toestemming toe nodig gehad nie. Wat het verander? Hulle is dan nou terug waar alles tussen hulle begin het.

Leah het nooit daaroor gepraat terwyl sy sy ring gedra het nie. Met wie sou sy in elk geval daaroor kon praat, hier op die afgelee plaas. Beslis nie met haar pa en ma nie. 

Sy kon mos nie haar ouers met haar huweliksprobleme opsaal nie.

“Wat is hier aan die gang?” Op daardie oomblik loer haar pa ook om die deur.

Ralph lig ‘n vinger. “Jou yskas van ‘n dogter belet my haar kamer…”

John kyk onthuts na hom. “Nou wat verwag jy? Julle is geskei. Jy raak weg vir sewe jaar en nou moet sy jou met ope arms terugverwelkom. Ek dink nie so nie. Verkas asseblief terug na jou kamer toe. Jy kan bly wees dat jy nog iewers in die huis mag slaap. Maar in my dogter se kamer, gaan jy jou voete beslis nie sonder haar toestemming sit nie.”

Vir ‘n oomblik kan Leah haar pa soen. Dankie dat hy bereid is om teen Ralph op te staan en haar kant te kies.

“Mmm, bedorwe Leahtjie wat soos altyd kan maak net soos sy wil. Maar wag maar. Een van die dae eet sy weer uit my hande en nooi my in.”

“Dit sal die blerrie dag wees. Nooit weer nie. Jy is geskiedenis. Weg is jy Ralph.”

“Moet ek hom uithelp?” vra Sergio en stap nader.

Maar John tree tussenbeide. "Nee wag Sergio, Leah, Ralph. Kan ons asseblief net eers die nag omkry? Dit is laat en almal het die slaap nodig. Hoekom praat julle nie more soos beskaafde mense hieroor nie?"

“Ek wil nie met hom praat nie. Daar is niks te sê nie…” roep Leah ontsteld uit.

Wat John ‘n oomblik laat huiwer voordat hy byvoeg. "Miskien moet ek net eers die manne aan mekaar voorstel, want ek dink nie Leah het dit gedoen nie. Ralph, dit is dokter Sergio Martinez van die Afrika-leeu-hervestigingsprogram. Hy woon in oorlede oupa se kwartiere. Ek het jou van hom vertel toe jy gisteraand laat ingekom het. Hy is die een wat gister Leah se voet versorg het."

"So, dit is die leeuman ... Wel, jy kan nou maar teruggaan na jou kwartiere. En jy ook John. Los my en Leah alleen bymekaar. Daar is goed wat ek met haar moet bespreek wat die toekoms van ons huis en grond raak."

“Ek het gesê dit kan wag tot more, Ralph. My kind is moeg, sy het seergekry en sy soek jou nie in haar kamer nie.”

“Dit is nie net haar kamer nie. Dit is ons…”

“Genugtig Ralph, is jy te dom en astrant om te hoor wat ek en my pa vir jou sê?” roep Leah uit en spring uit die bed. Dit voel asof ongeveer een miljoen sterre voor haar oë ontplof. "En verbeel jou ons kamer en jou huis Ralph. Hierdie is my pa se huis en grond, dit sal nooit joune word nie. En mag ek jou daaraan herinner dat ons twee nie meer getroud is nie. En dat ek nie eens meer op ‘n afstand aan jou dink as die man in my lewe nie. Dit was jou keuse. Wat eintlik 'n uitstekende besluit was. Die dag toe ek uit daardie hofsaal gestap het, was een van die gelukkigste dae in my lewe, sedert my kinderjare."

Haar pa sit sy arms om haar om haar te probeer kalmeer terug te laat klim in die bed.  "Shhh Leah, kalmeer. Jy gaan weer jou voet seermaak."

"Pa, hoekom is hierdie ... man terug op die plaas? Het jy vir hom gesê dat ek op pad terug is?"

“Natuurlik het ek nie vir hom gesê dat jy terugkom nie, Leah. Om die waarheid te sê, het ek hom ook nie hier verwag nie. Maar noudat hy hier is, behoort ons seker ordentlik en beskaafd te bly. Veral omdat hy intussen besluit het om op sy stuk van die grond te kom woeker.”

Sy stuk grond. Ja daar was so klousule in die egskeidingsooreenkoms. Hy kry wel iets.

Ralph lag. Maar die geluid daarvan is nie aangenaam nie. "Moet asseblief nie jouself vlei nie, Leah. Dit is suiwer toeval dat ons saam terug is op die plaas. Wat natuurlik soos gewoonlik nogal prettig kan raak. Die waarheid is dat ek nou vir die eerste keer gereed om voort te gaan met die werk wat ek hier op die plaas begin het. En toe ek hoor dat jy jou ouma Hurter se huis in Pretoria verkoop het, het ek gedink, hoekom kombineer ons nie die geld wat ons het, en maak die plaas steeds een van die grootste toeristebestemmings in Afrika nie?"

“Wat?” Nou is dit john wat haar los en geskok terugstaan. "Leah het jy Oumie se huis in Pretoria verkoop? Die plek waar ek grootgeword het. Die eiendom wat veronderstel was om jou pensioen vir een dag te wees? Hoekom het jy dit nie eers met my bespreek nie?"

Middernagtelike gesinsaangeleenthede in die openbaar en dit voor hierdie donkerkop vreemdeling met die amber oë.

"Ag vervlaks Ralph! Hoekom nou dit? Ek sou jou nog vertel het, Pappa."

"Wanneer?"

"Sodra die geleentheid reg was. Dalk wanneer ons twee alleen langs ‘n kampvuur, iewers in die veld kon kuier.” As dit enigsens moontlik is, haat sy haar eks op daardie oomblik selfs nog meer. As iemand nou 'n geweer in haar hand druk, draai sy die loop in Ralph se rigting en trek die sneller, sonder om ‘n oog te knip. Sy vra: "Hoe het jy daarvan uitgevind, Ralph?"

"Ek het vriende ... oral."

"So jy is ... nog steeds besig om in my sake te pioeneer."

"Jou sake was eens myne ook."

"En joune was joune alleen. En nou verbeel jy jou myne gaan weer tot jou beskikking raak. Daar is nie ‘n manier nie."

“O maar dit gaan. Na ‘n glasie wyn of selfs nog voor dit, wanneer jy my weer met daardie bababloues van jou aankyk en mooi vra.”

"Ralph stop dit. Hou dit vir môre." John lyk skielik uitgeput asof hy die laaste greintjie beheer oor sy lewe verloor het. Boonop lyk hy soos 'n vreemdeling in sy eie huis.

“Pappa gaan slaap. En julle ook.” Sy wil net alleen wees.

Wat veroorsaak dat John haar ‘n laaste hartseer kyk gee, voordat hy omdraai en na die trappe toe stap wat na sy tweede verdieping woonstel toe lei.

Miskien vóél hy ook nou soos ‘n vreemdeling in sy eie plek. Veral na Leah se hoogverraad.

Sergio kyk ondersoekend van Leah na Ralph en dan weer terug na haar. Hy probeer duidelik om die inligting tot sy beskikking te ontleed om te sien of hy rede gehad het om in te meng, by wat ook al vanaand daar gebeur het. Sy gevolgtrekking waarskynlik, is dat dit niks met hom te doen het nie. Daarom sê hy: "Wel, nou hoef jy nie meer deur daardie tydskrif van jou te blaai om weer vaak te word nie, Leah. Dit is duidelik dat julle twee soveel vir mekaar te sê het, dat julle tot dagbreek sal kan praat. Ek het môre 'n dag se werk voor my. Goeie nag."

Waarop hy omdraai.

Maar dan roep Leah agter hom aan. "Nee, wag vir my, Leeuman. Staan jou aanbod steeds. Jy weet, ek en jy en die warm ..."

Hy is haar laaste hoop. Die ondier wat haar die keer uit die windings van ‘n bose slang moet red.

Sergio draai terug na haar. Sy aantreklike gesig verhelder. 'n Goeie begrip het net 'n halwe woord nodig. "Die warm ... Altyd, my Engelpoplap. Sal ons gaan." Hy stap vorentoe en tel haar in sy arms op, maar in plaas daarvan om haar na die gemeenskaplike kombuis van die huis te neem vir daardie warm sjokolade wat hy haar belowe het, draai hy om en neem haar na sy woonstel.

Hy stap deur die oop deur en daar binne draai om en skop die deur tussen hulle en Ralph toe.

Die laaste wat Leah sien is dat die kleiner man nog steeds op een plek staan, asof hy aan die vloer vasgesoldeer is.

Op die dubbelbed voor hulle vlieg Gato die katjie verontwaardig op. Sy trek haar lyfie in 'n sirkel. Hoe anders? Haar pa het pas hul veilige hawe binne gekom, met die vyand in sy arms.

"Dit is oukei Gato, ek sal jou nooit weer probeer versmoor nie," belowe Leah.

Sergio sit Leah op die gemaklike bank voor sy groot televisieskerm neer, voordat hy na die kat stap en haar saggies streel. Toe verseker hy haar dat sy nog al die tyd dame nommer een in sy lewe is, alhoewel hulle net vir 'n paar uur lank 'n arme hawelose vlugteling gaan huisves.

"Baie dankie Sergio… vir wat jy nou vir my gedoen het. Maar ek moet in elk geval liewer gaan. Ek wil nie inbreek maak op jou privaatheid nie."

"Jy doen glad nie. Buitendien, daardie eks van jou is waarskynlik nog daar in die gang. Trap seker heen en weer soos ‘n beer wat wag vir sy prooi om uit sy gat te kom." Met die kat wat nou genoeg bedaar het, stap Sergio na die kombuisie en gooi melk in 'n pot voordat hy dit op die vlam van die gasstoof sit.

"Nee wag , jy hoef niks vir my te maak om te drink nie. Ek wou net van Ralph wegkom," probeer Leah om hom te keer.

"Dit is nie net vir jou nie. Ek wil ook warm sjokolade drink. Boonop gaan ek jou nie by daardie deur laat uitgaan, voordat ek heeltemal seker is dat daardie man weg is nie. Ek kon sien dat jy nie te bly was om hom vanaand te sien nie."

"Dit is om dit ligtelik te stel."

"Nou sit en probeer om te ontspan. Jy kan selfs op daardie bank waarop jy nou sit slaap, as dit jou veiliger sal laat voel." Hy glimlag skielik. "Dit is as jy my kan vertrou."

'n Interessante stelling. Kan sy hom vertrou? Kan sy enigiemand vertrou. Wat gaan regtig aan tussen Ralph en haar pa? Sy het net so gevoel dat daar meer is as wat mens met die blote oog kan waarneem. Kan dit wees dat haar eks 'n soort houvas op haar geliefde ou kêrel het. En wat presies is dit?

Sy bieg. "Sergio, na vanaand is baie vertroue in hierdie huis in elk geval gebreek. Ek het my pa belowe dat ek nooit sy ouerhuis in Pretoria sal verkoop sonder sy toestemming en medewete nie. Maar ek moes net. Ek sou met hom in die volgende dag of twee gepraat het. Toe spring Ralph my voor."

"Dit klink asof Ralph self ‘n paar minder etiese goed gedoen het."

"In die kol." Op daardie oomblik sien Leah die beeld van haarself in die groot spieël teen die oorkantste muur. Sy buig vorentoe en steun. "Ag nee, nie dit ook nog nie."

Een groot tree en Sergio was langs haar. "Wat? Is jy oukei?"

"Nee Sergio, ek is nie."

"Hoekom nie? Is daar iets wat ek kan doen om te help?"

"Nee, absoluut nie. Dit is in elk geval te laat. Hy het my klaar so gesien?" Haar stem klink rou.

"Soos hoe?" Teen daardie tyd was die arme Sergio meer verward as die sjokoladepoeier en suiker wat hy later in die warm melk gaan inroer.

"My hare. Dit is oral. Ek het nie 'n warm tang gebruik om dit reguit te stryk nie."

Hy steek 'n hand uit en raak aan haar hare. "Wat maak dit saak? Dit lyk so mooi! ‘n Bos ligte hare met daardie 'n rooierige tint daarin. Ek is gek oor jou natuurlike krulle. Ek wou al daaraan voel, toe jy uit die stort gekom het. Nee, selfs voor dit. Van die oomblik af toe ek  in daardie baba bloues van jou gekyk het nadat jy besef het daar sit 'n telefoonpaal in jou voet. Leah, jy is een van die mooiste vroue wat ek in my lewe gesien het."

Jimmel waarvan praat die man? Beslis seker nie volgens mejuffrou Wêrekd standaarde nie. Maar hy laat haar beter voel oor haarself. Dit is verseker.

Sergio stap terug kombuis toe en verdeel die warm melk tussen die twee bekers.

Hy sit haar beker op die koffietafel tussen hulle en gaan sit in die gemakstoel oorkant haar, met sy warm sjokolade in sy een hand.

"En buitendien," sê hy nadat hy daarvan gedrink het. "Dit is goed om 'n vrou met meer hare op haar kop te sien, as wat ek op die oomblik het."

"Wel, as ons dit 'n bietjie langer laat groei, kan ons saam genoeg hare skenk vir 'n pruik vir Cansa."

"Nee, ek sal myne in volgende week moet laat sny. My base kom van Suid-Afrika af. As hulle my nie van my ID of paspoort herken nie, sal ek waarskynlik nie vir my werk betaal word nie."

"Ek sal meer bekommerd wees oor die maanhaarleeu wat jou dalk mag sien as kompetisie vir sy dames se aandag. Is dit nie ‘n kwessie van hoe groter en donkerder die maanhare, hoe aantrekliker is hy vir sy leeuwyfies nie?"

"Sê jy vir my dat ek soos 'n ondier of 'n leeu lyk?"

"Ja," skerts sy. "En as ek 'n leeuwyfie was, sou ek waarskynlik teen die tyd al koue rillings en warm gloede oor jou gekry het."

"Is dit nog 'n manier om 'n vroulike leeu in oestrus te beskryf?" vra hy, asof sy 'n student in die biologieklas is en hy haar professor.

"Ek moet gaan ..." Sê sy en sit haar leë beker terug op die koffietafel.  

"Nee, jy gaan nêrens heen nie. Gaan lê, ek kry vir jou 'n skoon kussing en deken uit my kas. En moenie bekommerd wees nie, ek sal nie in my slaap loop nie."  

 

Hoofstuk 6

Sergio se indrukke van Leah na hulle eerste ontmoeting. Toe Sergio vanoggend sy oë oopmaak, was Leah reeds weg. Waarskynlik een of ander tyd in die vroee oggendure by sy woonstel uitgeglip. Hy stort, trek skoon klere aan en skakel sy ketel aan.

Sergio het gisteraand in sy bed geklim nadat hy die warm sjokolade saam met Leah gedrink het. Elke dag hier in die bos is besig en vol insidente en hy was so moeg dat hy waarskynlik al weg was teen die tyd dat sy kop kussing gevat het.

Selfs met die wete dat daar 'n pragtige dame in sy kamer op die bank lê en hoop om ook ‘n paar ure se slaap in te kry het hom nie laat rondrol nie.

        Ag, hy oorweeg dit nie eens meer om haar te probeer beïndruk nie? Want sy is in elke geval buite sy bereik.

        beskikbaar. Noem dit die Sergio Martinez-beleid. Jy steek nie jou neus, of enige ander deel van jou anatomie in 'n paartjie se verhouding nie. Jy krap nie in ‘n ander ou se slaai nie.

Maar helaas, die meeste vroue vir wie hy so ver in sy lewe geval het, het 'n skaduwee gehad wat bereid was om haar tot aan die einde van die wêreld te volg. Selfs hier in Afrika. Dit het hy tevore gesien en hier was dit gisteraand weer.

As hy net effens aangetrokke is tot ‘n vrou, dan daag daar ‘n wettige of regmatige aanspraakmaker op. En hy gaan nie ‘n ander man met hande en tande baklei en probeer uitskakel nie. Al was hy lus om Ralph Jameson met die grond gelyk te maak.

Maar eers sal hy hulle kans gee om self uit te werk wat hulle vir mekaar voel. Wat beslis nie juis grens aan passie van Leah se kant af nie. Maar as Jameson glo dat hy nog ‘n kans het, sal Sergio vir hulle eers die nodige spasie gee.

Gelukkig het hy betyds daarvan uitgevind.

Want dit is natuurlik nie asof hy nooit daaraan gedink het om haar voete onder daardie oulike paar bene van haar te probeer uitslaan nie. Natuurlik het hy daaraan gedink.

Sy, hy, ‘n lekker matras.

Maar dit was gister. Nou skyn die son en hy is terug met sy nommer tiens op die aarde.

Met koffie en 'n beskuit stap Sergio uit op die stoep van sy bachelorwoonstel. In sy gedagtes herleef en oordink hy nou weer alles wat gebeur het, van die oomblik waarop John Hurter vir hom vertel het dat sy geliefde dogter Leah, op pad terug is na die plaas toe.

Hier oral op die plaas en veral op die pad wat na die naburige plaas waar Sergio se leeukampe is, is daar vele hekke. Hekke wat alarms op John en sy selfone laat afgaan. Dit is nie net om hulle te waarsku as daar ongewensde gaste of selfs stropers op die plaas rond ry nie. Dit is ook vir besoekers se veiligheid, sodat hulle die ouens wat dalk in die leeukamp kan beland kan gaan waarsku. Draai om, ry weer uit, hier loop leeus rond.

Hy het al hoeveel keer gevra dat hulle vir hom bordjies moet maak, met die koppe en gesigte van vreesaanjaende leeus. Maar hy weet eintlik dit gaan dieselfde uitwerking het as wanneer mense Rotweiler prente op hulle eiendomme se hekke sit. Gewoonlik dink die mense, ek skrik nie vir jou opgeblaasde Chihuahua nie.

Maar op ‘n stadium is Leah blykbaar deur die bewaringsgebied, waarvan Hurters Retreat deel is se hek, en John het hom kom roep.

“Kom Sergio! Vyf minute, dan is sy hier. Dan stel ek jou aan my pragtige dogter voor.”

En Sergio het by hom gaan staan en wag. Mens sien nie baie vroue in hierdie afgelee deel van Mosambiek nie. En veral sien jy nie ‘n wonderwerk soos die een wie se foto John op sy foon vir hom gewys het nie.

Sy is verseker baie baie mooi. Dit was nie ‘n lieg nie.

Terwyl hulle so oor haar gepraat het, aktiveer iemand toe die alarm van die hek wat na die leeukamp gaan en John het uitgeroep. "Ag nee, dit kan net Leah wees wat by die verkeerde hek ingedraai het. Dan is sy nou in die leeukamp. Spring in en ry saam.”

John se Amarok het reggestaan, juis omdat hy bekommerd was dat sy sou verdwaal en hy na haar sou moes gaan soek.

  En natuurlik sal die vroumens nie besef dat sy nou in ‘n leeukamp is waar King vir homself ‘n wyfie afgesonder het nie. Of soos in die geval van leeus. Die wyfie het hom van die ander af weggelok en hulle hou wittebrood daar naby die hek.

Sergio het onmiddelik saam met John in die bakkie gespring.

Hy kon op die pad daarnatoe sweer dat John op een of ander stadium in hulle geselsies die E-woord gebruik het. Soos in egskeiding. En Sergio het die inligting dadelik ontleed en verwerk, soos wat mans mos maar altyd doen. Egskeiding kan beteken, ons is albei nou mooi groot. Ek gaan nie jou onskuld van jou ontneem nie. Vir my lyk jy blerrie seksie, bruikbaar en oulik. En as jy dink ek lyk nie te vrot nie, kan ons maklik werk in die rigting van 'n bietjie bedpret.

Dit raak nogal alleen hier op die plaas, soos wat jy seker ook al agtergekom het, want jy was mos al tevore hier.

En net so terloops, jy as vrou het 'n klein ietsie waarin ek dalk belangstel. En ek het ‘n pasmaat wat jou vir 'n kort rukkie plesier kan gee. Maar kom ons kyk eers die kat mooi uit die boom. Speel die spel van jag... en leer ken.

Maak mekaar so bietjie die hof.

Skep eers ‘n bietjie afwagting van dit is nie sommer vir omval en oorgee nie. Daardie uitgestelde begeerte. ‘n Man probeer nooit om 'n vrou op hulle eerste oogopslag kaf te draf nie. Dit kan seker werk en dit het al vir hom, maar dan was dit minder spesiaal. En nee, hy het nie 'jag'-klasse by Valentino, die koning van liefde, geneem nie. Hy weet dit net uit ondervinding.

Dit alles het deur sy gedagtes gegaan toe hy haar daar van die dak van die Suzuki Jimney sien afspring het, met King die groot maanhaar agterna. Hy het gespring. Een allemintige sprong, dwarsoor haar motortjie en bo-oor haar waar sy op die grond beland het.

Net om om te draai en terug te kom na haar toe.

Daar was nie kans om te dink nie. Sergio het instinktief en spontaan gereageer. Hy het uitgespring, haar opgeraap en binne in daardie klein lemmetjie groen blikkie op wiele gegooi. Gelukkig is sy redelik klein. As sy so groot soos hy was, sou hulle nie saam voorin kon pas nie.

Hy sê nog: Ry madam, laat ons gaan. Toe kyk sy op en dit het gevoel asof iemand hom met yswater gooi het, met 'n bottel Spaanse vlieg passiestront daarin. Sy hart wou stop toe hy in haar mooi traangevulde blou oë kyk.

Jy was lanklaas saam met ‘n vrou, het Sergio besef toe alles in en aan hom op aandag spring. Hy was die ridder met die wit perd… jy weet.

En die vertroue wat sy in hom gestel het, terwyl hy die stokkie uit haar voet gesny het, het vir hom gevoel soos ‘n stap in die regte rigting. Terwyl hy aan haar voet gewerk het, het sy oë kort-kort die mooi kontoere van haar bene gevolg. Hy kon reeds in sy verbeelding sien waar die landingstrook is, vir daardie stuk toerusting wat hom as 'n man na die maan en terug kan laat vlieg.

Daarna het hy op haar bed gewag terwyl sy stort. Mos die besorgde dieredokter! Terwyl hy deur haar simpel tydskrif geblaai, kon hy skielik haar oë op hom voel. Sy was openlik nuuskierig oor hom ook. Haar hare en lyfie was nat. En raai wat? Haar handoeke het daar by hom op die bed bly lê.

Hy het opgespring om vir haar ‘n handoek te gaan gee.

En wou mal word van die sagte skoon reuk wat om ‘n vrou hang as sy uit ‘n warm bad of stort stap, Met haar uiteindelik in die bed, moes hy eers die misdaadtoneel verlaat om te gaan hergroepeer.

In sy kop, nê.

Daar glip sy kat Gato natuurlik weg, toe die eerste weerligstrale ‘n lekker reënbui vooruitgaan. By die venster uitgeglip en sopnat gaan reën. Sergio kon haar seker maar gelos het, want sy kom altyd weer terug wanneer die reën stop. Aan die anderkant, gaan soek sy soms kuiermense of ander mense se beddens op om haar nat lyfie in droog te maakOf sy nou welkom daar is, of nie. 

Noem dit ‘n aanvoeling, maar toe Sergio sy deur wat na die gang toe uitloop oopmaak, toe hoor hy Leah se stem.

En Gato wat luidkeels protester want die vrou het haar hande om die sopnat kat se keel gehad en haar uit haar bed probeer gooi. Of so het hy gedink. Totdat hy haar duidelik hoor sê het: "Asseblief ek weet wat jy gaan doen, maar laat ek ten minste net eers die klere wat in jou pad is wegtrek. Wees sag en sit dit eers net stadig in, dan sal ek nie weerstand bied nie. Ek kan nie eens onthou wanneer laas ek met ‘n man was nie, laat staan ‘n monster van ‘n telefoonpaal soos joune..."

Genugtig!

Sergio het die lig aangeskakel en die kat uit haar greep bevry.

Vir 'n oomblik het hy daaraan gedink om vir haar te sê dat hy heeltemal in staat is om haar te help met daardie probleem wat sy geopper het. Hy het miskien nie ‘n telefoonpaal nie, maar as sy hom ‘n kans gee, sal sy weet dat hy daar was.

Gelukkig het hy nie. Want toe praat daar 'n ander man agter hulle!

En nie wie nie? Haar man.

Of eksman dan soos wat sy volhou. Alhoewel dit van die begin af duidelik was dat Ralph Jameson nie klaar is met die kleim wat hy by Leah Hurter afgesteek het nie. En as daar net ‘n geringe moontlikheid van versoening is, staan hy wat Sergio Martinez is terug. Hy krap nie in ‘n ander man se slaai nie.  

Totdat sy hom gevra het om haar na die kombuis toe te ontvoer… vir ‘n warm sjokolade. Twee vir Sergio Martinez en nul vir Ralph Jameson.

Die man is seker nou witwarm boos vir hom. Dit sal beter om uit sy pad te bly, totdat Ralp en Leah ‘n paar woorde kon praat. Sy hom seker inlig dat die warmte van gisteraand net by sjokolade gebly het.

Daarom vermy Sergio vandag die eetkamer vanwaar hy stemme hoor. Die beskuit wat hy saam met sy koffie geëet het, sal moet doen vir die dag. Hy gaan nie saam met die ander mense ontbyt eet nie, al sal Maria dadelik vir hom ook ‘n paar eiers in die pan gooi en dit nogal lekker kon wees.

Maar nee, vandag is Sergio nog nie gereed om weer een van die middernagtelike kuiergaste  in die gesig te staar nie. Hy stap na die vliegveld, waar hy sy mikroligte vliegtuig uit die hanger haal en uistoot op die aanloopbaan.

Hy beplan om oor die leeukamp te vlieg om te sien waar die katte hulle vanoggend bevind. En as hulle nie meer in die area is waar Leah haar selfoon verloor het nie, sal hy land en dit vir haar probeer vind.

Dit is Saterdag. Hy het nog nie regtig ander planne vir die dag nie. En hy hou van vlieg.

Vir ‘n oomblik kyk hy na die rooi en wit Cessna wat ook daar op die aanloopbaan staan. Dit is waarskynlik die vliegtuig waarmee Ralph Jameson ingevlieg het. Gelukkige bliksem. Sal hy sowaar nogal self ook daarvan hou om met so een te kon vlieg.

 

Hoofstuk 7

Iewers in die vroeë oggendure skuif Leah vir Gato, Sergio se mak Afrika-wildekat eenkant toe. Sy glip onder die deken uit en verlaat die man se woonstel. Daar op die verre horisonne uit die rigting van die Indiese oseaan steek die son sy kop in duisende skakerings van geel, oranje, pers en rooi uit.

Die belofte van 'n pragtige nuwe dag hier in die noordweste van Mosambiek.

Dit is gewoonlik fantasties om die son te sien opkom, maar na gisteraand is Leah ietwat gedemp

Wat maak haar ex-man Ralph Jameson terug hier by Hurters Retreat? Die afgelope paar jaar het sy opgehou om aan hom te dink. Sy het geglo hy is ge-argiefeer in haar vergete geskiedens en sy het selfs haar nooiensvan teruggeneem. Op al haar dokumente en bankstate is sy nou weer Leah Hurter. 

Daarom kan sy net wonder hoe op aarde het Ralph uitgevind dat sy haar Hurter- grootouers se huis in Pretoria, Suid-Afrika, verkoop het? Dit is nooit goed as iemand soos Ralph Jameson net 'n halwe idee kry dat daar iewers in die wêreld geld is, waarop hy dalk sy vuil hande kan sit nie.

Daar waar Ralph Jameson homself bevind voel sy nie veilig nie.

Nou is hy hier saam met haar op die afgelee plaas Hurter’s Retreat waar nie eens die polisie haar vertroue verdien nie. En haar pa dalk reeds een van sy slagoffers geword het.

Leah gaan sit op 'n stoel in haar eie slaapkamer om 'n dik kous haar aan te trek oor die verband wat Sergio om haar seer voet gedraai het. Sy trek die regter voet se tekkie oor die ander voet aan. Geklee in 'n gemaklike kniebroek en 'n los T-hemp, stap sy in die gang uit.

Sy hoor stemme uit die rigting van die eetkamer.

Haar eerste reaksie is om by 'n sydeur uit te glip en weg te hink na waarheen haar voete haar ook al mag neem. Sy wil van die aardbol af verdwyn. Dit ten alle koste vermy om weer in Ralph se selfvoldane gesig vas te kyk.

Maar sy sal kies om eers ‘n een tot een gesprek met haar pa te hê. Daar is soveel wat hulle moet inhaal. Boonop moet sy iets gaan soek om te eet, voordat sy van die pynpille drink wat sy uit haar toiletsakkie gehaal het.

Daarom stap sy tog na die eetkamer toe.

"Leah!" haar pa spring op. "Kom sit my liewe kind."

"Eet jy jou eiers nog sag. Leah?" Maria roep uit die kombuis langsaan.

"Jip.Dit sal lekker wees, dankie Maria." Sy gaan sit, trek 'n koppie nader en skink vir haar tee. Sy draai nie eers 'n oog in Ralph se rigting nie. Hy kan net sowel nie daar wees nie. "Het jy goed geslaap, Pappa?"

"Noudat jy weer veilig op die plaas is, ja. Dankie dat jy vra. Hoe gaan dit met daardie voet?"

Leah smeer botter op 'n sny roosterbrood en byt daarin. Sy kou en sluk voordat sy antwoord. "Verbasend goed, dankie Pa. Ek sal Sergio altyd dankbaar wees vir wat hy gedoen het..."

Ralph onderbreek met ‘n lelike laggie. "En sy nasorg later deur die nag. Mm, ek kan my net voorstel hoe daardie soort terapie sal help met jou genesing ..."

"Bly stil, Ralph. Wat in my lewe aangaan, het absoluut niks met jou te doen nie," vlieg sy hom in.

"O, maar dit het. Onthou jy dat ons jou pa op ons troue beloof het dat ons vir hom so gou as moontlik 'n kleinseun sou gee. Beloftes maak skuld, jy weet."

So blatant alweer dat Leah se pa hom waarskuwend aankyk. "Moenie my dogter tart nie, Ralph. Jy bly weg van haar, as sy nie jou aandag wil hê nie."

"O, maar hierdie is nie tart nie. Dit is die heilige waarheid."

Maria bring Leah se lks nader. Vir ‘n oomblik het dit gelyk of die vrou vir Ralph daarmee wil gooi. Dit maak na ‘n snaakse draai in haar hand, waarna dit ‘n saggenoeg landing maak dat die kos darem steeds daarop bly. Lekker brosgebraaide spek. ‘n Sagte eier, sonskynkant na bo. Net soos wat sy daarvan hou.

Dit lyk en ruik ongelooflik lekker, maar na net twee happies sit Leah haar mes en vurk neer en staan op.

"Paps, verskoon my. Ons twee gaan binnekort nog lekker gesels. Alleen. Vir nou is my eetlus weg. Ek moet net hier uitkom."

Skaars is sy in die gang op pad terug na haar kamer, of Ralph staan voor haar. Met sy lyf druk hy haar teen die muur en toe raak hy vatterig.

"Los my Ralph of ek sal skree!" sis sy.

"En wat dan? As jou pa uitkom om jou te probeer red, sal ek hom so hard foeter, hy sal nooit weer opstaan van waar hy die grond tref nie. So, kom ons kyk wie is nog hier om te kom help? Laat ek sien. Maria, of haar brose Manual-mannetjie wat reeds besig is om 'n bottel van sy spesiale selfgebroude alkohol daar buite in sy groentetuin geniet? Of dalk hul swanger skoondogter? Of Jesu? Miskien sal Jesu jou kom help. Die Dal Silvas se seun wat mos altyd gedink het hy verdien die plek van ‘n boetie wat jy nooit gehad het nie. O maar vergeet ek nou weer. Hulle is nie hier nie. Hy en sy hoogswanger vroutjie bly mos deesdae op ‘n ander plek en kom net soms kuier."

Hy probeer haar soen en Leah draai haar kop in walging weg.

"En nou dit? Behoort jou lippe deesdae aan iemand anders? Leeuman. Jy dink seker die leeuman, wat jou gisteraand weggedra het, gaan jou weer kom red. Maar hy is nie hier nie. Ek en jou pa het vroeer gesien hoe hy met ‘n micro light hier weg vlieg. So noudat hy weg is, kan ek jou seker ook maar optel en na my kamer toe dra. Want jy kan mos kastig nie op jou voet trap nie. Stel jou voor hoe ek jou weer op my bed neergooi. Ek sal my kniee tussen joune indruk en hierdie kniebroekie van jou lyf aftrek en jou myne maak...” Sy hand is nou daar op haar en sy wring om weg te kom.

“Sê dit is lekker en vra vir meer…”

“Ralph los my uit. Jy is ‘n vark.” As sy hom net kan skop. Maar haar een voet is te seer om op vas te trap. Sy is magteloos.

  "Orraait, nie nou nie. Miskien sal ek wag vir jou om my daarvoor te smeek." Hy raak aan homself om haar presies te wys waarvoor sy moet smeek.

"Nee. Nooit ..."

"Wel, weet jy wat? Op 'n stadium gaan ons dit doen. Ek is steeds van plan om my belofte aan jou pa van kleinkinders na te kom." En toe druk hy haar weer teen die muur vas. Sy voel die hardheid in sy onderlyf en besef, hy kan dit beslis regkry. Hy kan haar enige tyd weer verkrag, en sy sal niks daaraan kan doen nie.

Boonop gee Ralph se volgende woorde haar koue rillings: "Maar net 'n waarskuwing, bly weg van daardie leeu se lêplek terwyl ek aan my baba werk, Leah. As ek ooit in my lewe moet uitvind dat daar 'n baba in jou groei wat nie myne is nie, sal ek jou en die fetus doodslaan met die agterkant van ‘n geweerkolf."

"Ralph waar bly jy? Wat is hier aan die gang?" Op daardie oomblik kom Leah se pa uit die eetkamer. Hy is nie doof nie. Verseker het hy iets gehoor.

"Nie veel nie," verklaar Ralph. "Ek en my eksvrou het net opgemaak en toe bespring sy my skaamteloos! Ek sê vir haar, wag tot vanaand dan kan ons albei dit geniet. Maar nee. Jy weet mos wat sê hulle van ‘n rooikop…"

"Nie in 'n miljoen jaar van Sondae nie. Los my uit!" Leah maak haarself uit sy greep los en hink by die sydeur van die huis uit. Sy sukkel met die trappe af en strompel padlangs en by die hek uit, so vinnig as wat haar seer linkervoet dit kan hanteer.

Ralph was altyd so. Hy het altyd gevat wat hy wou hê. Maar hy het homself darem altyd min of meer voor haar ouers gedra. Maar skielik is dit asof hy van die duiwel besete is. Asof hy nie omgee wie, wat van hom dink nie.

Van die respek wat hy op ‘n stadium vir John Hurter haar pa gehad het, is daar nie ‘n teken meer nie. Inteendeel, hy dreig om iets aan haar pa te doen as hy dit sou waag om haar teen hom te beskerm. Sy is in die moeilikheid. Sy kan nie alleen saam met hom in een huis wees nie.

Dalk moet sy teruggaan, haar tasse pak en sorg dat sy hier uitkom. As sy net nie haar voet so seer gemaak het nie. Soos wat dit nou voel, sal nie vir ‘n dag of langer aanmekaar kan bestuur nie.

So waarheen?

Sy is in so paniekvlug dat sy dit nie dadelik hoor nie.

Die geluid van ‘n brommer wat oor die bome aankom. 'n Reuse brommer wat meer en meer die vorm van 'n reuse-vlieënde insek aanneem, met ‘n man wat onder die vlerke sit.  

Die tuigie gooi ‘n draai oor haar kop en toe gaan land dit ‘n ent verder, waar 'n lugkous in ‘n nare geveg betrokke is met 'n wind wat in ‘n suidwestelike rigting waai.

Daar is ‘n oorlog om haar, oor haar en binne in haar.  

En toe kom dit van agter af aan. Die geluid van 'n vier-by-vier-voertuig wat teen 'n redelike spoed van die plaashuis af aankom. Haar eerste reaksie is om die bosse in te vaar, net om van die sandpad af weg te kom. Wat as dit Ralph was wat uitgevind het dat sy op 'n afgeleë pad loop en nou besef dat dit die beste plek sal wees om sy belofte na te kom. Hier sal niemand haar hoor skree nie.

Leah skarrel agter 'n bos in, maar die bestuurder van die Land Cruiser het haar reeds gesien. Hy trek half van die pad af. Sy hoor hoe ‘n deur oopgaan. Daar is voeteval op die grond, deur die gras en bosse agter haar aan.

Arms wat haar van agter af opraap, asof sy niks weeg nie.

"Wat op deeske aarde dink jy doen jy, Leah? Is jy op soek na nog 'n nare voorwerp om in jou ander voet ook te steek? Hier is meer as genoeg sulke goed. Sommige dorings kan selfs deur die sole van skoene ook steek. En moenie van slange vergeet nie. Mosambiek spoegkobras en pofadders."

So raas Sergio Martinez, terwyl hy haar terugdra na sy dubbelkajuit Cruiser. Hy plak haar in die passasiersitplek neer en hang oor haar om seker te maak dat sy begin bedaar.

En sy doen. Sy besef selfs om weg te hardloop was sekerlik die domste ding om te doen.

"Wat is dit wat jou ontstel het, Leah?" Sergio hou sy hand op haar skouer en reik na ‘n koelhouer op die vloer van die agterste sitplek.

“Ek kan nie vir jou sê nie.”

“Hoekom nie?” Hy haal 'n bottel koeldrank uit en skroef dit oop.

“Want jy is ook ‘n man. Ek weet hoe julle koppe werk.”

“Vertel my daarvan.” Van iewers af kry hy ‘n plastiek koppie in die hande waarin hy die vloeistof skink. Hy vou haar hande daarom en gebied:  "Drink. Dan praat jy met my."

Sy gaan beslis nie met hom praat nie.

Gelukkig lui sy selfoon.

Sonder om sy oë van haar af te neem, stap hy eenkant toe om te antwoord. Sy houding wys, as sy dit waag om weer op te staan en te hardloop, is hy bereid om die foon eenkant toe te gooi en haar plat te duik.

Sy is nie van meer van plan om dit te doen nie.

Maar terwyl hy praat sien Leah hoe Sergio se gesig verander. Hy roep ontsteld uit: "Wat? Waar het dit gebeur? Stuur vir my die koördinate, ek is op pad."

Waarna hy na haar toe draai. "Ek sal jou moet terugneem na die plaashuis. Iets het gebeur en ek moet onmiddelik daarheen gaan. Ek is jammer Leah."

"Nee, moet asseblief nie. Moenie my huis toe neem nie. Nie terwyl hy nog daar is nie. Hoe lank gaan jy weg wees?"

"Ek mag dalk oor 'n uur of twee weer terug wees, afhangende van ... Maar nee, jammer Leah, ek durf jou nie saamneem nie. Ek is op pad na 'n toneel waar 'n olifant op 'n landmyn getrap het, en die arme dier leef nog. Dit gaan nie 'n mooi gesig wees nie. Daar is steeds afgeleë dele van Mosambiek waar terroriste landmyne geplant het. Ek durf nie jou lewe in gevaar stel deur jou saam met my te neem nie. Jou pa ..."

"My pa ..." roep sy uit en toe besluit sy dit gaan nie help om te  verduidelik nie. "Nee, ek gaan nie terug huis toe as jy nie daar is nie.” Sy kan seker byvoeg dat hy haar enigste hoop is, met die planne wat Ralph nou met haar het.

Maar sy kon sien dat Sergio nou ander probleme het. Hy spreek ‘n taamlike gewigtig kragwoord uit. Toe begin die veearts skop. Eers na klippe, daarna 'n stomp, en toe kom die Cruiser se bande aan die beurt.

Uiteindelik bedaar hy en kom weer nader. Hy het ‘n besluit geneem: "Goed. Jy kan saamry. Op een voorwaarde. Jy bly in die Land Cruiser, terwyl ek my werk na die beste van my vermoë gaan doen. Belowe?"

Dankbaar kyk Leah op in sy gesig. "Ek belowe. Ek sal nie in jou pad wees nie. Dankie Sergio ..."

"Moenie my bedank nie. O liewer sê maar dankie, want ek het jou selfoon daar in die leeukamp gevind en my kar laaier kan op jou foon pas. Maar bel net eers jou pa en sê vir hom dat jy gaan saam met my, en ek weet nie wanneer ons gaan terugkom nie."


Hoofstuk 8

Om te sê dat Sergio nie 'n gelukkige outjie is, toe hy uiteindelik agter die stuurwiel van die Land Cruiser inklim om weer te begin ry nie, is 'n eufemisme. Hy moes alleen gegaan het. Nou is Leah by hom in sy Cruiser. Hy kon haar seker steeds verplig het om op die plaas agter te bly. Maar iets het hom daarvan weerhou.

Die uitdrukking van paniek en weerloosheid op haar gesig? ‘n Stille kreet om hulp?

Hy help graag. Maar vandag, ai tog…

Sergio is op pad om een van daardie werke te doen waarvan 'n veearts waarskynlik die minste hou.  

Dit is gewoonlik die geval. Met soveel landmyne wat nog nie op afgeleë plekke opgespoor en uitgehaal is nie, is dit nie net mense wat hul ledemate en lewens verloor nie. Diere ly ook. Enigiets kleiner as 'n olifant is gewoonlik maalvleis, nadat hulle 'n landmyn geaktiveer het.

Olifante is minder gelukkig. Landmyne blaas net die helfte of ‘n deel van hulle op. As dit ‘n gedeelte van 'n voet is, kan goeie veearts probeer hom te red. ‘n Been wat weg is, is moeiliker. Olifante kan nie soos honde en katte op driebene rondtrippel nie.

Volgens die veldwagter wat gebel het, het die bul die impak reg onder sy voorste been gehad. Die been is aan flarde, sy maag is oopgeskeur en sy ingewande hang op die grond. Nou staan hy net daar. Hulpeloos. Sergio weet dat hy waarskynlik slegs die menslike ding gaan doen.

En dit is om die arme dier dood te skiet. Want die veldwagter mag nie aan gewonde olifante raak voordat die verantwoordelike veearts nie daar was om te kyk of daar iets te redde is nie. Die olifante is deel van ‘n duur hervestigingsprogram en die Franse groep wat die projek finansier, ken elke dier by sy naam.

Diere verdwyn nie net nie.

Maar diere mag ook nie ly nie.   

Vir die deel van sy werk hou Sergio altyd sy Musgrave 30.08-geweer in’n spesiale sak agter die heel agterste sitplekke van die sy Cruiserbakkie. Sy olifantgeweer, soos wat sy Oupa Martinez dit genoem het, toe hy dit aan Sergio bemaak het.

Wanneer Sergio ‘n dier moet skiet en doodmaak, soek hy nie toeskouers nie. Hy bloei saam met die dier. En daarna om te sien hoe die plaaslike bevolking die karkas met pangas en messe uitmekaar kap is vir hom net so pynlik om te aanskou. Hoe hulle die groot hompe vleis dan in emmers en skottels daar wegdra. Eintlik behoort dit hom soort van te troos. Die feit dat die vleis nie verlore gaan nie. Dat ‘n olifant se karkas vele honger mense kan voed…

Hy wil dit net nie sien gebeur nie. Hy skiet, maak seker dat die dier val en dood is. Dan loop hy, sonder om weer terug te kyk.

Hy kyk nooit terug nie.

Hy kan nie.

Dit is nie asof hy nie vleis eet nie. Maar hy wil nie die doodslag doen en slag nie. Nie mak diere nie. En ook nie wilde diere nie.

Hy sal dit verkies dat geen toeris of besoeker aan ‘n nasionale park of bewaringsgebied so iets sal sien of beleef nie. En vandag wens hy dat dit nie nodig is vir Leah Hurter om hierdie lelike deel van sy portefeulje te aanskou nie.

Hy en John praat mos gereeld. Dit is een ding wat hy en die ouer man in gemeen het. John wou ook nooit jag of slag op die plaas nie. Dit was sy skoonpa Gonzales se voorreg. En nou is dit iets wat Manual, Maria se man doen sonder om ‘n oog te knip.

Nadat hulle ‘n end gery het, is hy die eerste een wat die stilte tussen hulle verbreek.

“Leah, ek moet jou waarsku. Volgens die manne wat daar op die toneel is, gaan die olifant dit nie maak nie. Ek sal hom waarskynlik moet skiet… hom uit sy pyn verlos.”

Net vir ‘n kort oomblik ontmoet hulle oë, en haar bloues wyd van skok. Toe sê sy: “Ek verstaan.” Waarna sy haar oë toemaak en terugleun in haar sitplek, asof sy enigiets minder mooi is wil uitblok. Of miskien is sy net moeg. Hy kan hom voorstel dat sy nie te veel en te vas kon slaap daar op sy sitkamerbank nie.

Dit het beslis iets met haar ex-man te doen. Sy het genoem dat sy nie alleen in die plaashuis wil wees terwyl hy daar is nie. Dan is dit waarskynlik iets wat hy gedoen of gesê het, wat haar vandag soos vreesbevange vlakhaas laat weghardloop het.

Meer as dit kry hy duidelik nie uit haar nie.

Miskien sal sy hom eendag genoeg vertrou om hom in haar vertroue te neem. Maar vir eers gaan hy nie druk op haar plaas nie. Trouens, vandag verkies hy die stilte wat nou daar tussen hulle hang. 

Hy diep eerder die inligting uit sy geheuebank op wat hy van die Hurter/ Gonzales familie weet. John is ‘n Engelse boertjie wat in Pretoria grootgeword het. Toe ontmoet hy glo ‘n pragtige Portugese vroutjie van die buurland. Emily Gonzales wat vir haar ouers se mense in Pretoria kom kuier het. En hulle trou en nadat hulle enigste kind gebore is, gaan woon John saam met haar by hulle familie in Mosambiek.

“Ek kan nie wag om jou eendag aan my dogter voor te stel nie, Sergio,” sluit John dan sy gesprekke oor die familie en verlede af.

“Interessant het Sergio eenmaal tydens so geselsie opgemerk. “My voorsate het blykbaar ook in Mosambiek gewoon en gebloei. My pa se eie ouers is tydens die laaste oorlog met geweld van hul grond afgesit. Die wat nie wou afstand doen van hulle besittings nie is vermoor en uit hul huise in die eertydse Lorenco Marques verdryf."

Sergio se pa en sy susters is almal hier gebore. Volgens sy pa was sy grootouers redelik welaf en hulle het grond naby die hawe van Beira besit. Oupa Martinez het glo 'n pragtige groenteplaas daar gehad...

Met die opstande en oorlog het hulle net met die klere aan hulle lywe uit die land gevlug. Toe hulle in Rhodesië aankom, wat intussen Zimbabwe geword het, moes oupa en ouma en hul vyf klein kindertjies, waarvan Sergio se pa een was, in 'n tent in 'n vlugtelingkamp naby Bulawayo saambondel. Daar het hulle angstig gewag vir nuus van die res van die familie, waarvan sommige in daardie stadium oral in Mosambiek gewoon het.

Die volgende oggend het die nuus hulle bereik. Die res van die familie is uitgewis. Oula en ouma se broers en suster en hul gesinne wat kruidenierswinkels en vis-en-skyfiewinkels gehad het, is in die strate voor hul besighede vermoor. Met pangas uitmekaar gekap op die wreedste wyses.

Oupa Martinez, sy vrou en die vyf kinders het die stof van Afrika van hul voete afgeskud. Hulle is terug na Portugal.

Maar sy pa het altyd gesê, hy is deel van hierdie land. Sy wortels is hier.  

Nadat sy oupa en ouma oorlede is en toe daar uiteindelik weer ‘n soort vrede in Mosambiek gekom het, het Sergio se pa, met sy Portugese vrou na Mosambiek teruggekeer. Dit was blykbaar hartverskeurend om te sien. So mooi land wat tot op die grond afgebreek is. Niks van die huise en wonings wat die Martinez familie eens besit het, het nog gestaan nie.

Nou ja, julle het nou gesien wat julle gesien het, kom terug Portugal toe, het Sergio gesê. Hy en sy kleinsus was in kosskole in Portugal en Frankryk.  

Maar groot was sy skok toe sy pa vyftien jaar gelede afkondig dat hulle besluit het om hulleself in Mosambiek te gaan vestig. Sy pa het volstaan met, dit is die land van melk en heuning. Die mooiste plek op aarde. Hulle het hulle in 'n klein kusdorpie in die Inyambane provinsie gaan vestig. Deesdae besit hulle ‘n pragtige klein lodge en vakansieplek.

En Sergio se kleinsus is intussen getroud met 'n plaaslike Portugese, Diego Da Gama. ‘n Mannetjie wat Sergio nie kan hanteer nie.

Die twee werk nou vir Pa en Ma. 

Sergio was die laaste van die gesin om hom in Afrika te kom vestig. Afrika het niks vir hom beteken nie. Hy is gebore en getoë in Portugal. Hy het universiteit toe gegaan in Frankryk en veeartsenykunde daar bestudeer.

En hy was heeltemal bereid om vir die res van sy lewe in Frankryk te bly. Waarom sou hy na Afrika kom? Dit is 'n godverlate verlore plek waar armoede mense se siele gesteel het, het hy gevoel.

Hy was heeltemal gereed om met mense se troeteldiere daar in Frankryk te werk. Die Franse aanbid immers hul honde, katte, perde. Hulle is lief vir alle diere groot en klein. Maar toe kom die aanbod. Vakansiewerk in een van Afrika se grootste nasionale parke. Die Krugerwildtuin. Hy was nuuskierig. Die Krugerwildtuin is oral bekend. Daar is selfs gevallestudies gebruik wat in die Park opgeteken is, terwyl hy nog geswot het.

In die Kruger sou hy kans kry om te werk met leeus. Afrika se grootste katte. Net vir ‘n vakansie. ‘n Vrywiller. Jy werk vir kos en slaapplek. Hoekom nie. Hy was pas afgestudeer. Vier en twintig jaar oud. As sy maag vol is en hy ‘n bed het om op te slaap…

En as die meisies in die groep vrywillig en vrygewig met hulle lyfies is, wat meer het hy nodig. Toe bly hy langer nadat die vakansiewerk klaar geraak het. Oor ‘n ander katjie.

Katja. Een van die vroulike dokters in die groep. Sy was mal oor leeus… en hy oor katte. Een katjie. Veral daai pussycat tussen haar bene… 

En toe hy sy oë uitvee is hy saam met haar op 'n ander projek. Een waar hulle die geharde leeus van Namibië na ander gebiede in Afrika sou verskuif. Dit is waar hy tot oor sy ore verlief geraak het… op Afrika.

Maar tussen hom en Pussycat loop dinge toe erg skeef, toe haar verloofde by hulle groep aansluit, op pad na die Serengeti.

Dit is waar Sergio besluit het om van daar af eers 'n kort vakansie by sy ouers se plek in Inyambane te neem.

Sinies, Op vyf en twintig reeds oortuig daarvan dat alle vroue moeilikheid beteken. Om een of ander rede is vroue mal oor die bosape wat in die veld met diere werk. Hulle maak asof die bos hulle ook fassieneer, totdat hulle sien die pa van haar babas in die arme poepol se oë sien, wanneer hy met haar liefde maak.

Moeilikheid begin gewoonlik na die troue. Hierdie pos op die oorgrenspark en aangrensende plase aan die Mosambiekse kant van die Krugerwildtuin het hy te danke aan presies net so geval. Blykbaar het die vorige ‘nuwe’ mevrou dokter Veearts besluit dat haar wederhelfte nie toegelaat kan word om in hierdie gevaarlike omgewing te werk as hulle baba eers daar is nie.

Dit was op daardie vakansie by sy ouers dat Sergio gehoor het van die vakante pos.  Die werkgewers? ‘n Franse humanitêre groep wat wou help om die volle bioversiteit weer in die natuur wou kom vestig en werk aan arme werklose plaaslikes wil verskaf. Hy het aansoek gedoen. Hy was die enigste ou wat nommerpas was. Selfs die gedeelte van huidiglik werkloos!

En hier is hy, sedertdien ...

Sergio loer na sy GPS. Hy moet die koördinate volg wat deur die veldwagters vir hom gepin is. Dan sien hy die groot klomp mense voor hom, wat reeds daar wag.

Sergio parkeer sy bakkie 'n ent weg, rugkant na daai kant en gaan haal die geweer daar agter die sitplek uit.

Wanneer Leah roer, sê hy: “Ons is hier. Moet liewer nie omkyk nie.”

Daarna stap hy na die arme wese, wat nog skaars aan die lewe vashou. Soms het hulle nog genoeg veglus om te storm, maar hierdie reus van die bos bly net staan. Sergio het om hom gestap om te sien waarvandaan hy die beste skoot kon skiet.

Die dier het sy bewegings met pyngevulde oë dopgehou, asof hy geweet hat dat die man sy verlossing in sy hande dra.

Sergio het gaan staan en vir die mense beduie om pad te gee an die anderkant. Toe bring hy die swaar kaliber geweer na sy skouer. Hy korrel na die plek net agter die skouerbeen, waar hy weet waar die groot hart sit.

Met die afgaan van die skoot is hy vir 'n oomblik doof en half van sy voete af. Voor hom sak die olifant inmekaar.

Dit is verby. Hy het al hierdie pad gery net om dit te doen. Nou is dit klaar.

Hy voel leeg toe hy sy geweer weer in sy sak en agter die sitplek inskuif.

Hy klim agter die stuurwiel in en gaan lê vir ‘n paar sekondes daaroor. Dit is doodstil in die Cruiser bakkie. Hy kyk nie in Leah se rigting toe hy later weer regop gaan sit en die voertuig aansluit nie.

Eers ongeveer ‘n honderd mete van daar af, met bome en struike tussen hulle en die afgryse, waag hy dit om sydelings na haar te kyk.

Leah sit kiertsregop daar langs hom. Sy kyk net voor haar uit, en op haar wange siens hy die blink strepe trane.

Maar sy sê absoluut niks ...

Word vervolg.

Kom gerus terug hiernatoe vir die res van die storie. Ek is baie besig met markte, winkels, gallerye en bestellings, maar sit by wanneer ek kan.

(Die storie word op die oomblik as 'n vervolgstorie elke dag bygeskryf en voorgelees op die youtube kanaal Afrikaanse Liefdesverhale en stories / audioboeke. Daar trek ons al by hoofstuk 60. As jy haastig is om te weet wat verder gebeur kan jy gratis gaan luister op die snitlys en hier is die skakel: https://www.youtube.com/playlist?list=PL4PfJicTFS4-SgE__23q7_oI3Oj132VsT


Hoofstuk 9

Leah het nog nooit in haar lewe soveel keer in trane uitgebars as die afgelope twee en sewentig uur nie. En nou huil sy alweer. Hierdie arme aantreklike vreemdeling moet voorwaar dink dat sy ‘n piepiebalie is wie se blaas en traankliere aanmekaar verbind is. Om die groot stad en beskawing agter te laat en terug te wees in Mosambiek is al klaar ‘n kultuurskok. Die manne by die grenspos wat wag vir omkoopgeld. ‘n Leeu wat haar wou vang. ‘n Stok in haar voet.

Om haar exman hier raak te loop en te besef dat hy ‘n nuwe beheptheid met haar en ‘n baba het, iets om van siek te word. En nou om ‘n gewonde en verminkte olifant te sien sterf.

Maar dit is nie net oor die olifant wat so pynlik gely het en uit sy elende verlos is nie, dat die trane nou weer oor haar wange stroom nie. Nee, haar hart wil breek oor dit wat sy in daardie flietende sekondes op Sergio se gesig gesien het. Uiterlik sterk en onwrikbaar. ‘n Man met selfvertroue. Iemand wat weet wat hy wil en moet, al is ‘moet’ nie altyd lekker nie.  ‘n Veearts wil gesond maak, nie dood nie.

Dit maak seer.

Vandag het hy nie daarvan gehou om die regte ding te doen nie. En terwyl hy daar oor die stuurwiel gesit en gewag het om oor dit te kom, het Leah die allesoorheersende gevoel gekry om 'n hand uit te steek, dit op sy skouer te sit en hom te troos.

Maar sy doen dit nie. Sy maak eerder asof sy dit nie raak sien nie. Verseker wil hy nie sy oomblik van seer en weerloosheid vir haar en die wêreld ten toonstel nie. Sy gesig is dan weggedraai van haar af. 

Leah is self nie op haar beste nie. Haar voet klop asof iemand 'n voorwarm mespunt daarin gedruk het. Dit is wat vanoggend se mishandeling en vertrapping daaraan gedoen het. En sy wil nie hê Sergio moet uitvind nie, want verseker het hy nie nou die krag om haar ook nog te troos nie.

Sergio sit uiteindelik regop en gee ‘n sydelingse kyk in haar rigting, voordat hy die bakkie aansluit en begin ry. Honderd meter of so weg van die toneel van slagting en toe trek hy van die pad af en hou stil.

Alles in Sergio se dubbel kajuit Land Cruiser gebeur op die agterste sitplekke. Of onder die voorste sitplekke, maar bereikbaar van die agterste sitplekke af. Hy kyk nie weer in haar rigting toe hy agtertoe en ondertoe reik en ‘n noodhulpkissie te voorskyn bring nie. Maar sy kop en lyf is naby aan haar. Sy ruik die lekker van sy sjampoe en deodorant. Hy ruik soos ‘n man.

Uit sy yskassie haal hy twee blikkies koeldrank. En vanuit die noodhulpkissie bring hy 'n groen en rooi kapsule te voorskyn.

Sergio tel haar hand op en vou haar vingers daarom.

"Sterk pynpille. Ek gaan vir jou een gee om te drink, al behoort jy eintlik eers te eet.”

Sy maak haar hand oop om na die ding te kyk. Toe vra sy: "Pynpille vir mense of vir leeus."

"Vir mense, alhoewel twee van daai selfs 'n ondier sal kan uitslaan. Ek het dit laas op voorskrif gekry toe een van die leeus te vriendelik met my geraak het. My linkerarm." Hy wys uit waar die tande twee diep gate in sy voorarm gelaat het. "Jy steek altyd eerder 'n arm in die dier se bek, om ander lewensbelangrike organe te beskerm. Verloor eerder 'n arm of been. Maar enitlik weet jy. Dié dat jy ook gekeer het vir jou keel toe Gato jou aangeval het."

Hy maak ‘n grap, maar sy gesig bly ernstig. Leah sluk die kapsule met die koeldrank en sit terug teen die leuning van die sitplek.

"Nou moet ons net nog ‘n bietjie kos ook in daai klein lyfie van jou kry. Sê jou wat." Dit is asof Sergio nou ook weer in staat is om te dink. "Ek het Chinese vriende in 'n dorpie tussen hier en Hurter's, wat 'n restaurant en wegneemete-kosbesigheid besit. Dit is amper tyd vir middagete. Kom ek gaan koop vir ons iets daar, voordat ons teruggaan na Hurter's Retreat."

"Hier naby?" Leah glimlag en kyk om haar. Tussen hier en diepblou see is niks naby nie. Alles is afgeleë. Ver weg van enigiets.

"Hulle is ongeveer vyftien kilo of so van Hurters Retreat. Ons naaste winkels. Het jy nooit daar gekoop nie? Volgens Mosambiekse standaarde is dit net om die draai."

"Dalk was ek al daar en het nie na die naam opgelet nie. Sekerlik is Vyftien kilo's nie so ver nie, maar wat is jou definisie van 'n dorpie, en hoe verskil dit van die ander dorpies wat bestaan uit 'n paar gehuggies en plakkershutte met spaza-winkels in hul eetkamer? Dit is hoekom my ouers hulle inkope elke ses maande in Beira of Komatipoort gaan doen het. Selfs Pretoria, Bakkie en sleepwa."

"Hierdie een is 'n regte dorpie, soos jy self sal sien. Ling Fu se voorouers woon al meer as sewentig jaar daar, sê hy. Sy ouers moes die laaste bitter oorlog hier uitwag, want hulle het nêrens anders gehad om heen te gaan nie. Beide hy en sy vrou is hier gebore. Alhoewel China steeds hul land van herkoms is, die land van sy hartklop, was daar niks vir hom en sy gesin om na terug te gaan tydens die oorlog nie. Anders as my ouers wat nog familie in Portugal het."

"Soos die geval is met my ma," vertel Leah ook. "Maar vir my is Suid-Afrika en Mosambiek ook die plek waar ek moet wees. Ek is hier gebore en getoë. Maar jy is nie oorspronklik van hier nie Sergio."

"Portugal gebore en daar en in Frankryk geskool," antwoord hy. “Behalwe dat my pa se ouers ook hier gebore is. Ek begin al hoe meer die konneksie van bloed voel. Ek dink nie ek gaan my sommer weer hier laat uitskop nie.”

“Ons voorouers het nie veel van ‘n keuse gehad nie.” Dit is algemene kennis.  

"Nee, seker nie. My familie is ook hier doodgemaak. Maar om een of ander rede het ons Chinese vriende gebly en voortbestaan!" Sergio beduie met sy hand na waar die dorpie nou voor hulle opdoem.  

Ja, sy was al hier by die Seven Eleven. Sy ken nie die res van die dorp nie. En daar is die klein dorpie een van die grootste verrassings wat Leah in 'n lang tyd in Mosambiek beleef het. Dit is netjies. Daar is nuut aangeplante bome. Daar is tuine met gras voor die huise. Daar is ook 'n hele paar van daardie oulike geboë leiklip dakke wat so kenmerkend is van die Chinese bou tradisie. Sommige daarvan voor winkel fasades en selfs by ingangshekke. Hier en daar is skilderye van drake teen die mure en geboue, en die straatname is nie net in Portugees nie, maar ook in Chinese skrif geskryf.

  Die paaie is netjies uitgelê, 'n teken van 'n klein dorpie wat vooruit beplan is en nie net gebeur het nie.

"Daar woon waarskynlik meer as tienduisend mense hier. Jy sal dit nooit raai as jy net verby die dorp ry nie. Jy moet hier deurry om dit regtig te ervaar."

Waar genoeg. Dit lyk soos die beskawing. Op die dakke van die huise en geboue is daar selfs sonpanele en in die middel van die dorp 'n selfoon en WIFI-toring. Daar is restaurante en winkels en selfs toeriste fasiliteite en oornagverblyf.

Sergio lig haar verder in. "Die dorpie is nou wel daar Chonese begin, maar hier woo nook ander nasies. Portugese, Franse, Engelse, en selfs ‘n paar Afrikaanssprekende gesinne. En dan natuurlik 'n paar van die plaaslike swart inwoners. Hulle woon almal vreedsaam hier saam, maar die eer daarvoor kom die Chinese toe. Hulle hou van orde en die meeste van hulle is natuurlike gebore entrepreneurs." Dit is duidelik dat Sergio 'n baie hoë agting vir sy vriende hier het, want hy voeg by. "In China gee jy mense 'n stuk grond van vyf meter by vyf meter en hulle bou 'n huis en 'n lewensvatbare plaas daar op. Vis, hoenders, groente en selfs 'n paar vrugtebome. Sit Afrika op 'n miljoen hektaar en hulle maak houtskool van elke boom sover as wat hulle gan en plant niks in die plek daarvan nie. Aag, miskien mielies en boontjies, vir môre se ete. Maar enigiets meer permanent vir die dag daarna? Nee."

Leah kan nie met hom stry nie. Dit is nogal die waarheid. 

Hulle hou voor die restaurant stil en Leah klim uit, maar voordat sy weer een voet voor die ander sit, tel Sergio haar weer in sy arms op. Die glasdeur gaan voor hulle oop en iemand kom simpatiek aangehardloop.

Watse gewonde dra Sergio daar in?

“Nee, dis oukei,” antwoord hy sedig. “Dis net haar poot. Maar driebeen hol is moeilik. Veral omdat mense nie vier pote het nie. En sy moet vreet. Sy het ‘n pil in wat ‘n ondier kan platvee!”

Die mense skater van die lag vir Sergio se pittige beskrywing. Iemand bring ‘n spyskaart nader. Maar Leah kyk nie eens daarna nie.

“Ek sal eet wat hy bestel.” Sy beduie na Sergio en die kelnerin stap weg kombuis toe.

"Die dorpie se naam is Bonsai, want dit het klein begin," vertel Ling Fu se vrou, Gina, 'n bietjie later vir Leah terwyl sy en Sergio elkeen 'n bak noedels, dungesnyde varkvleis en repies groente geniet. Heerlik en gesond. "Net wat die dokter beveel het!"

"Mmm," knik Sergio in waardering. "Dit is inderdaad wat ek bestel het. Ek is mal oor Chinese kos! Veral die groente wat nie doodgebraai is nie."

"Baie lekker." Leah sukkel 'n bietjie met die eetstokkies. Gina sit ‘n vurk voor haar neer. Dit werk beter. “Dankie!”

"Aangesien Bonsai nou een van die groter dorpies hier in die hartland van Mosambiek se niks en nêrens is nie, moet julle 'n naamsverandering oorweeg," skerts Sergio anneer Ling ook by hulle aansluit. Sergio is meer vriend as klant. "Een van die dae wil jy dalk die plek Krematart of Boabab noem."

En daar lag almal weer. Hulle geweet het dat hy verwys na die reusebome wat wag hou rondom die buitenste stadsmure van die stad.

Sergio bring sy bakkie kos met eetstokkies 'n bietjie nader aan sy mond. Hy is nogal  behendig daarmee en Leah het besluit dat dit 'n kuns is wat sy ook wil bemeester. Sy tel weer haar stokkies op.

Niemand lag toe die vleisie en 'n wortelreep met ‘n boog trek nie.

"Kremetart, goeie idee," besluit meneer Ling. "Ek sal dit by ons volgende dorpsvergadering moet bespreek. Kremetart Dorp. Die plaaslike veearts se voorstel." 

Maar maak nie saak wat die plek se naam is nie. Dit gaan duidelik goed met al die inwoners van hier, gemeet aan Mosambiekse standaarde. Toerisme floreer weer aan die kus en intussen kom daar al hoe besoekers na die drie nasionale parke en ekotoerisme wildsplase in die omgewing.

Daar is op die oomblik Afrikaanse en oorsese besoekers in die gastehuise en hotel hier in Bonsai.

"Is dit die meisiekind wat uiteindelik ons groot veearts se hart kom steel het?" vra die ‘n mooi jong vroutjie wat naderstap om die leë bakkies weg te neem.

"O nee glad nie," maak Sergio stoptekens met albei sy hande. "Ek het haar nie oor die drumpel gedra omdat sy my bruid is nie. Haar voet het seergekry. Maar laat ek jou ook sommer aan haar voorstel. Dit is Leah Hurter, sy is John Hurter se dogter. Die grondeienaar by wie ek my woonstel huur. En Leah, dit is Kia Fu. Ling en Gina se dogter. Jy moet die pragtige skilderye sien wat Kia maak."

Daarmee het hulle Leah se onverdeelde aandag. Kuns is mos haar ding. Sy was tot nou toe ‘n dosent by ‘n kollege in Pretoria. Die wêreld wat sy agtergelaat het.

"Ek sal baie graag jou werk wil sien. Ek doen ook 'n bietjie kuns," erken Lea. "My oumagrootjie het jare gelede 'n pottebakkery-ateljee op Hurter's Retreat gehad. Sodra my voet beter is, wil ek haar stoorkamer gaan oopsluit en regpak en kyk of daar iets is wat nog bruikbaar is. Dalk aangaan met daardie stokperdjie.” Dalk daarvan probeer verkoop. 'n Besigheidsonderneming daarvan maak, het sy in haar enigheid besluit.

"Pottebakkery!" roep Kia opgewonde uit. "Ek is self mal daaroor. Een van my ooms wat hier woon, was 'n meester in China. Jy moet sy eerste houtvuur werke sien. As julle tyd het, kan ons gou daar gaan inloer."

"Wag, Leah se voet ..." herinner Sergio haar.

"Goed! Dan sal ek gaan kyk of my oom hierheen sal kom." Kia spring op ‘n drafstap weg, maar op pad na die deur val haar oog op 'n bord wat teen die muur aangebring is. Sy beduie. "Daar is een van die goed wat hy gemaak het."

"Dit is uitsonderlik." Leah staan op en hink nader. "Verskriklik mooi. Waar kom sy klei vandaan?"

"Hy voer dit in. Maar hy eksperimenteer soms met klei en sand wat hy uit die riviere en vleilande oes."

Uit die hoek van Leah se oog kon sy sien hoe Sergio sy hand oor sy gesig plaas. Eers toe het sy besef dat die arme man waarskynlik gehoop het om te kan ry teen die tyd. Hy moet nog gaan werk. ‘n Verslag opstel oor wat vandag met die olifant gebeur het, al is dit Saterdag. Hulle soek hom dalk al.

Veral omdat sy selfoon juis net toe lui en hy die oproep neem.

Intussen kom Kia en haar oom Xing by en nou het hulle nog meer om oor te praat. Die man wil sommer dadelik vir haar een van sy sakke klei gee. Veral toe sy vir hulle foto’s op haar selfoon wys van goed wat sy al tevore gemaak het. Hy beloof om na haar ouma se kiln te gaan kyk om te sien of alles nog werk.

En ja, as sy wil leer om met hout te bak, kan hy haar wys. Dit is mos 'n ou Chinese trade.

Oom Xing wys vir haar beeldjies van buffels, olifante, renosters en kameelperde wat hy en 'n paar plaaslike inwoners van klei vervaardig het. Hy betaal hulle vir die werk wat hulle hier in sy ateljee doen en beplan om eendag die kunswerke in die Nasionale Parke se Curio-winkels te verkoop.

Leah het self borde gemaak met die gesigte van die groot vyf daarop. Die keer moet sy ver terugblaai op haar foon om daarby te kom. Dit voel soos 'n leeftyd gelede. Hulle stuur die foon om en is ewe beïndruk met haar. Sy moet beslis weer aan die gang kom.

"Kom ons kyk wat in die toekoms gebeur." Leah kyk na waar Sergio nou ook op die foon kyk. Sy gesig verander van verveling na belangstelling.

“Dit is mooi.” Hy stuur die foon terug. En ry terug op sy stoel se agterpote sodat sy rug teen die muur beland en daar hang hy nou, met sy arms oor sy bors gevou. Hy loer na haar onder sy wenkbroue deur. Sy geduld is waarskynlik besig om op te raak.

Daarom vra sy: "Sergio, jammer. Is jy haastig? Moet ons gaan?"

Sergio sit vorentoe en toe sy stoel se voorpote die grond tref, staan hy op. "Ongelukkig ja ek moet gaan verslag skryf. Maar ons sal beslis weer hierheen wil terugkom Xing. Ek kan sien dat daar nog baie gesels oor is tussen julle kunstenaars hier."

En toe tel hy Leah weer op en dra haar in sy arms na die Land Cruiser. "Sy is nie veronderstel om daardie arme gehawende poot so baie te misbruik nie."

Leah wil nog uitroep. “Wag, Xing wou nog vir my klei gee.” Maar sy sal die man nie verder beproef nie.

Agter hulle giggel die klomp te lekker.

Dit klink asof hulle reeds iets weet wat beide Leah en Sergio nog moet uitvind, iewers in die verre toekoms.

 

Hoofstuk 10

"Wat op deeske aarde gaan hier aan?" wonder Sergio toe hulle laatmiddag verby die landingstrook ry, op pad terug na die groot huis op Hurter's Retreat. "Dit lyk soos Johannesburg Internasionaal met al die klein vliegtuie voor die hangers."

Leah frons. “Ek weet regtig nie.”

"Wel dit is nie my base wat die week hiernatoe gaan kom nie. Ek het netnou nog met hulle gepraat. Hulle kom eers Dinsdag hiernatoe.”

“Dan is dit seker Ralphs se gaste en nuwe beleggers.” Sit Leah twee en twee bymekaar. Iemand het so iets genoem, maar sy het net met ‘n halwe oor geluister. “Ek veronderstel dat daar 'n argitek en projekbestuurder en of twee tussen hulle gaan wees. Hy het blykbaar baie idees en een daarvan sluit 'n lodge naby die rivier in. Want natuurlik is dit die deel van die plaas wat hy en sy prokureur vir hom toege-eien het in die egskeidings ooreenkoms.” 

"Interessant," is al wat Sergio daaroor te sê het. Hy stop sy Land Cruiser bakkie ook agter in die groot huis onder dieselfde afdak waar hy Leah se Suzuki Jimney geparkeer het. Van daar af kan hy reguit na sy woonstel se stoep en glasdeur stap.

Behalwe as hy deur die huis na sy woonstel stap. Daar is 'n gangdeur waar hy sy woonstel deur die huis ook kan bereik.

Vir die eerste keer bekyk Leah nou die omgewing hier aan die agterkant van die huis met aandag. Veral die sewe onklaar woonstelle wat deur Ralph begin is en nooit voltooi is nie. Regs daarvan die stoorkamers.

"In plaas daarvan dat die pes net eers klaarmaak wat hy destyds hier begin het," brom sy meer vir haarself. “Nou is hy alweer op ‘n nuwe missie. Maar nouja. Ek moet seker bly wees dat hy iets hier gelos het om mee aan te gaan, in ruil wat hy steel.”

Al wat wys dat Sergio haar gehoor het, is 'n wenkbrou wat hy lig en vreemd na haar kyk.

Leah gee nie om nie. Sy draai nou na die sewe onvoltooide woonsteleenhede wat deur 'n stoep verbind is. Saam met die huis lyk dit is soos ‘n groot U-plan gebou. Elkeen van die woonstelle het 'n slaapkamer, party twee en 'n kombuis en badkamer, wat nie klaar is nie. Die dakke is darem reeds op en in die badkamers is daar storte, baddens en toilette, maar die water is nog nie gekoppel nie. En die gas-geysers is nog in hulle bokse.

Toe het Ralph besluit hy gooi nie meer geld in 'n bodemlose put nie en daar gaan hy, sonder haar.

Natuurlik is sy besluit om te vertrek eers geneem nadat hy haar pa se laaste sente uit hom uit het. En nadat hy agter gekom het dat Leah nie vir hom sy seun kan gee nie.

Waaroor sy vandag nogal dankbaar is. Nie die feit dat sy dalk nie kinders van haar eie kan hê nie, maar dat dit nie sý kind is wat sy in die wêreld moes bring nie.

Behalwe daar was ‘n tyd toe sy gehoop het…

Maar sy het dit agter haar gesit. Totdat haar pa laat weet het dat haar ma ook pad gevat het, so klompie maande gelede. Hy was in sak en as…

En dit is net een van die redes waarom Leah besluit het om die huis wat sy in die stad geërf het, te verkoop. Alles het soort van gelyk gebeur. ‘n Aanbod op daardie eiendom wat sy nie van die hand kon wys nie. Dit is ‘n bitter ou huis in Colbyn en die huis is op die punt om te begin geld kos. Bedrading uit die ark en waterpype wat so aangekalk is dat die storte nie meer werk nie.

En aangesien dit ‘n ontwikkeling gaan wees, kon sy maar uit die huis haal wat sy wou hê, voordat hulle diut gesloop het. En sy het. Vensters en ‘n agtienvoertsek blik kombuiskas. ‘n Paar ou deure.

Sy het nie die hart gehad om vir haar pa te vertel nie dat die huis platgeslaan gaan word nie. Dit is nie die soort ding wat enige mens moet sien nie. Sy het soveel moontlik goed gered uit die plek en sal dit saam met die meubels en hulle ander aardse besittings laat aanry plaas toe, sodra sy die stoorkamers hier uitgesorteer het en plek gemaak het daarvoor.

Van die goed kan sy beslis in die woonsteleenhede gebruik. En vir ander bouwerk.

Die idee was om dit self vitr haar pa te vertel. Die nuus so bietjie sagter maak deur haar teenwoordigheid hier. Sodat hy kan sien dat daar niks meer is wat hulle twee gaan terugneem Pretoria toe nie. En sy is orraait daarmee. Sy is hier by hom om te bly.

Sy is sommer weer kwaad vir Ralph wat dit alles bederf het.

Leah kyk vir oulaas in die rigting van die onklaar geboue. Sy sal so gou as moontlik bouers aanstel om hierdie eenhede klaar te maak. Daarna gaan sy dit adverteer, as toeriste akkommodasie. Op geen manier gaan sy vir Ralph hierby betrek nie. Hierdie eenhede is deel van die ruiltransaksie in die egskeidings ooreenkoms. Op die ou end was haar arme ouers erger geraak deur die egskeiding, as sy…

Veral die feit dat hy die mooi gronde daar by die rivier gekry het. Hy is nie veronderstel om hier by die huis te wees nie.

Sy teenwoordigheid hier in die huis by Hurter's Retreat het haar heeltemal onkant betrap.

Die volgende oomblik kom staan Sergio naby haar en toe sy na hom opkyk, maak 'n galante buiging. "Sal ons gaan, goeie dame?"

Leah begin lag. "Sergio, dit is oukei. Ek kan self loop. Alhoewel ek vermoed dit is ‘n bietjie te stadig na jou sin. Jy kan maar ingaan. Ek is in staat om op my eie te loop."

"Goed, natuurlik." Hy lyk 'n bietjie afgehaal wanneer hy omdraai om sy woonstel se glasdeur te gaan oopsluit.

En Leah hinkepink na die sydeur vanwaar sy na haar kamer kan stap. Dit is gesluit. Die sitkamer stoep verderaan voel soos 'n 'n dagreis verder aan.

Sy draai na Sergio en roep. “Mag ek asseblief deur jou plek stap?”

“Natuurlik. Hy maak sy deur oop en wag geduldig vir haar om op te daag. Sy stap reg verby hom en wil sy woonstel deur die binnedeur van die huis verlaat, maar Sergio wys na 'n eetkamerstoel.

"Laat ek eers na jou wond kyk." Wanneer sy gehoorsaam gaan sit, trek sy nog 'n stoel nader en gaan sit reg voor haar. Hy tel haar voet in sy hande op. Versigtig trek hy eers die kous uit en rol dan die verband op.

“Eina, jy het weer gebloei.” Daar is amper iets sensueel aan die manier waarop hy haar voet saggies vashou en van alle kante daarna kyk.   

"Goeie werk, dokter Martinez," prys hy homself. "Behalwe vir die bietjie bloed, lyk dit asof jou pasiënt die nare paal insident in haar poot mag oorleef. Hoe voel dit? Enige pyn, pasiënt."

"Nee dokter Martinez, danksy daardie rooi en groen kapsule wat ondiere en manne soos jy kan uitklink, is my poot regtig nie meer seer nie." Sy beklemtoon ook die woord poot en geniet die feit dat dit 'n rare glimlag na Sergio se gesig gestuur het. "Ek glo dat my lewe teen môre weer na normaal sal kan terugkeer."

"En as ons weer in Bonsai kom moet jy vir ordentlike stapskoene koop en nie meer fyn sandaaltjies dra as jy in die veld gaan stap nie," waarsku hy.

Neem hy sowaar aan dat 'hulle' weer saam in Bonsai gaan wees? Sy antwoord net. "So iets, ja. En nou moet jy my verskoon dat ek gou gaan stort. En dan wil ek my pa gaan soek. Ons moet gesels." Sy kan dit nie langer uitstel nie. Sy wil alleen met haar pa praat. Sy moet uitvind wat die houvas is wat Ralph op hom het.

Want dat daar een of ander houvas is, weet sy verseker. Dit voel asof haar pa sy lus vir die lewe verloor het. En soos wat sy hom ken is dit nie net haar ma se wegloop nie.

"Sekerlik. En as jy klaar gestort het, kom terug na my toe, dat ek vir jou salf en ‘n pleister op die wond kan sit."

“Dankie. En dankie dat jy my vandag met jou saam geneem het.”

Daar is dit weer. 'n Vinnige skaduwee wat oor sy gesig gly. Hy knik en sluit die binnedeur oop, waarna Leah uitstap. Die volgende oomblik is daar ‘n uitroep verder af in die gang. En toe is dit Maria en Manual se seun Jesu wat op haar afpyl. Hy druk haar teen hom vas en soen haar op die voorkop.

“Leah! Uiteindelik. Ons het spesiaal vanmiddag deurgekom Hurter’s Retreat toe, toe ons hoor jy is hier. Ralph het ongelukkig ook ‘n klomp gaste genooi. Maar my ma sê jy en Sergio moet dadelik klaarmaak en kom. Dit is jou paartie.”

Leah se moed sak tot in haar kaal poot en tekkie. Sy wou so graag vanaand alleen met haar pa praat. Sy gee nie om as Jesu en Anna en sy pa en ma Da Silva by is nie. En Sergio… Maar Ralph... ag nee.

Agter haar klop Jesu nou aan Sergio se deur. Sergio is bly om vir Jesu te sien. Hy sê ja, dankie baie graag kuier hy ook vanaand saam. Hy glimlag vir Leah en ook en maak weer deur toe. Die enigste demper daarop is die feit dat Ralph en sy gespuis ook by gaan wees.

Jesu wil haar dadelik saamsleep kombuis toe.

“Ek stort net gou en dan gaan Sergio my voet plak. Dankie dat julle hier is Jesu…” Die keer is dit Leah wat vir hom ‘n drukkie gee voordat sy by haar kamer instap

Na ‘n salige warm stort, trek sy aan en stap terug na Sergio se woonsteldeur.   

"Ek sal binne 'n sekonde daar wees," hoor sy hom van binne roep nadat sy geklop het.

En toe Sergio die deur net daarna oopmaak, snak Leah na asem. Hy het net 'n klein handdoek om sy onderlyf, terwyl plasse water aan sy voete vorm. Sy langerige donker hare hang in toutjies oor sy voorkop en skouers. Sy sexy songebruinde lyf is nog sopnat en hy ruik hemels.

"Skuus ek wou jou nie onderbreek nie. Ek sal weer terugkom."

"Sit," beveel hy, stap na sy klerekas en haal skoon onderklere, ‘n knielengte kortbroek en T-hemp uit. "Jammer dat jy my gewen het! Ek het eers vinnig aan daai olifant verslag begin tik, want toe dog ek vroue bad vir ure. Laat ek net vinnig iets aantrek."

Sy wil sê, ag nee wat Sergio, onnodig. En moenie worry as die handoekie dalk afkom nie. Ek kan myself gedra…

Miskien hoop hy ook dat sy haarself kan gedra, want hy stap by die badkamer in, sonder om die deur toe te maak.  Dalk glo hy dat sy nie sal kyk wat hy doen toe hy die handoek van sy lyf afhaal en dit ophang nie.

Hy trek sy onderbroek haastig aan, maar eers nadat Leah 'n deeglike kykie geneem het van daardie juweel wat hy gewoonlik onder sy klere wegsteek.

Sy voel hoe 'n warm gevoel in haar onderlyf begin en teen haar hele lyf opklim. Verby die kloppende kuiltjie in haar nek. Dit gaan sit op haar wange en verf haar ore rooi, voordat dit kaplongs onder haar naeltjie gaan lê. Sy voel oral warm.

Dit is hoe 'n man moet lyk, besluit sy en voel hoe haar mond droog word. Sy stuur haar tong oor haar lippe. Sluk 'n paar keer om ontslae te raak van iets wat in haar keel vassit. 

Wanneer Sergio 'n vinnige vee van sy roll-on onder sy arm gee, kyk sy haastig weg. Daar is 'n spieël by met hom in die badkamer. Wat as hy daarin gesien het hoe sy na hom staar?

Indien wel, verklap sy houding niks aan haar toe hy uit die badkamer stap en aankom nie. Hy gaan sit weer voor haar, en klap op sy bobene om te wys dat sy haar voet op sy skoot moet sit. Presies in die omgewing van daardie deel van sy anatomie. Daar waar sy nou onder haar hak kan voel dat Sergio nie heeltemal onaangeraak is deur haar teenwoordigheid in sy woonstel nie. Vir 'n oomblik sit sy versteend. Die regte ding om te doen is waarskynlik om haar voet effens weg te skuif. Miskien 'n bietjie na links, of dalk na regs.

Dalk moes sy nie, want dit wat sy nou daar onder haar voet voel, het nou spesiale afmetings aangeneem. Sergio lyk nie in die minste skaam oor wat daar gebeur nie. Miskien besef hy dit nie eens nie. Maar hy moes iets gevoel het, want daar is nou skielik selfs 'n klein bietjie meer daarvan onder haar voet. Sy kan net raai wat dit 'n vrou kan doen. 'n Goeie grootte, by enige standaard as sy dit mag vergelyk met die wat sy al in haar kort lewe gesien en beleef het. Nie dat daar so baie was nie ...

Vir ‘n oomblik wonder sy hoe dit sou wees om deur Sergio bemin te word.

Iets waarvan hy salig onbewus is. Sergio lig haar voet op en smeer salf aan die wond, plak die pleister en draai ‘n verband oor dit. Dan streel hy haar hele voet vir 'n oomblik met sy hand, voordat hy dit stadig grond toe laat sak.

Sy vlieg orent. “Dankie. Ek moet gaan kyk of ek Maria in die kombuis kan help. En ek wil vir Anna hello gaan sê.”

“Doodreg. Ek wil net eers daai verslag klaarskryf en wegstuur. Sien julle later…”

Hy draai om en druk ‘n paar sleutels op sy laptop en toe die skerm voor hom lewe kry begin hy tik met sy twee wysvingers.

Leah draai om en vlug behoorlik uit die kamer. Goeie genade wat het in haar gevaar? Gaap sy nie net die man aan asof sy nog nooit ‘n kaal mense gesien het nie. Sy bevoel hom met haar voet. Gelukkig is hy duidelik ordentlik genoeg, om te aanvaar dat dit ‘n ongeluk was.

As hy die waarheid moet weet sal hy dink dat sy ‘n totale slet is. Dat as Ralph met haar lol, dit haar verdiende loon gaan wees, want sy soek mos daarvoor.  

Van nou af beter sy in haar spore trap in sy teenwoordigheid. Sy ken die arme man skaars. Maar hy is instaat om haar hormone in demone te laat verander, deur net met daardie amber kleur oë van hom in hare te kyk.

 

 

Hoofstuk 11

Hier in die bos vergeet 'n mens heeltemal dat daar maande is wat uit weke bestaan.   Weke wat uit sewe dae bestaan. Twee daarvan behoort aan die naweke. En op die oomblik is dit die naweek.

Saterdagaand om presies te wees, onthou Leah terwyl sy kombuis toe stap om Jesu se vroutjie te gaan groet. Dit gaan die eerste keer wees dat sy die pragtige jong dame in lewende lywe gaan sien. Hulle het al geskype en gepraat in die Kassie, maar nie aangesig tot aangesig nie.

Jesu is ‘n paar jaar jonger as sy en hy was nie van plan om op drie en twintig jarige ouderom al getroud te wees nie. Toe ontmoet hy blykbaar vir Anna in die nasionale park waar hulle albei werk. Anna is ‘n pragtige donkerkop Portugese nooi met donkerbruin oë en ‘n ligte vel.

So entoesiasties het hy die nooi die hof gemaak, dat daar binne die volgende drie maande ’n broodjie in die oond was. Hulle is vyf maande gelede getroud en dit was in die middel van Leah se huisslopings- projek in Pretoria en sy kon nie die skielike troue hier op die plaas bywoon nie.  

Nou stap sy by die kombuis in en besef onmiddellik dat sy van die jong dame met die mooi stil glimlag kan hou.

“Anna, so bly om jou uiteindelik van aangesig tot aangesig te ontmoet.

“Hello Leah.” Die vroutjie is jonk, skamerig.

“Waarmee is jy besig, Anna? Is daar iets waarmee ek kan help?” Sy stap nader en omhels die meisie spontaan.

“Ons maak bykosse.” Sy giggel effens. "Jou pa is in die lapa, met jou ex se ongeveer honderd gaste wat kom gatecrash het. Jesu en pa Manual gaan braai. Ek gaan 'n warm aartappelgereg en slaaie te maak."

"En daarmee kan ek help." Leah haal 'n skerp mes uit die laai om die aartappels te help skil. “Het jy gepraat van honderd gaste?”

“Nee, net ‘n grappie. Maar dit wemel van mense.”

Net toe stap Jesu en Maria ook in.

“Dan het jy en my mooiste Anna uiteindelik gesels,” sê hy en gaan sit sy arm trots om sy vrou te skouer. “Sy is mooi nê.”

"Pragtig, Jesu. En ek kan dit amper nie glo nie. Toe ek jou laas gesien het, was jy nog ‘n jong seun van sesien. Nou is julle getroud met 'n baba op pad. Veels geluk. Wanneer kom die kleinding?"

"Oor ongeveer twee maand." Jesu vryf trots oor Anna se ronde magie. "Hierdie is my seuntjie."

“Regtig? Is dit wat die sonar sê?” vra Leah.

Hy lag lekker. “Watter sonar? Nee, die dokter wat ons sien het nie sulke fancy toerusting nie. Maar ek weet mos wat ek hier gemaak het.”

"Mooi skoot!" Leah glimlag. Dit is seker die verkeerde woorde. Maar hulle vang nie die grappie nie.

Wat hier met hulle gebeur het, kon maklik sy ook gewees het. Sy kon maklik ook voor haar twintigste verjaarsdag ‘n baba gehad het, as sy na haar en Ralph se geskiedenis kyk.

Daar was boonop ‘n tyd toe sy gehoop het om 'n baba by hom te hê ...

Ralph is heelwat ouer as sy. Reeds in sy laat dertigs en hy was eintlik meer bevriend met haar ouers toe hy vir die eerste keer hier op die plaas kom kuier het.

Leah was jonk. Sewentien jaar oud toe hy die eerste keer sy attensies op haar afgedwing het. In matriek by 'n Katolieke skool in Pretoria naby haar ouma se huis in Colbyn, waar sy gedurende skool kwartale gewoon het. Sy was op die plaas vir die Kersvakansie.

Ralph was verskriklik opgetrek met haar. Hy het gesê sy lyk soos 'n engel, met haar ligte hare en die rooi skynsel daarin. Haar helderblou oë.

Op die tweede aand op die plaas het hy selfs vatterig begin raak en sy het haar hande vol gehad om hom van haar af weg te hou.

Sy het dit glad nie as molestering of teistering ervaar nie. Inteendeel, sy het besluit dat dit nogal 'n interessante vakansie kan wees. Sy die jong maagd en die ryk Edelman wat haar met alles in hom begeer. En hou dit maar so. Sy was nie van plan om deur hom oorgewerk te word nie.

Gewoonlik moes sy haarself met 'n tas vol storieboeke besighou. Die enigste ander kind op die plaas was Jesu wat toe maar dertien jaar oud was. Pure kind, al was sy vir hom lief soos die boetjie wat sy nooit gehad het nie. Maar o so vervelig, met sy belangstellings in diere, voëls, goggas, bome en gras.

Toe is daar skielik Ralph ook, wat haar soos 'n volwassene behandel het. Selfs vir haar pa en ma gesê dat hy sy hele lewe lank sal wag om eendag met 'n vrou soos Leah te trou. Hy sal vir haar wag totdat sy gereed was. Nie dat hy regtig gewag het nie…

Sy was jonk, onervare en vreeslik gevlei deur die aandag van 'n aantreklike man soveel jare ouer as sy. En die erotriese Mills- en Boone-boekies in haar tas was natuurlik so goed soos 'n notaboek vir 'n meisie wat nog nie eers voorheen deur 'n man gesoen is nie.

Eers het sy weggeskram en padgegee as hy haar probeer soen. Later het sy hom toegelaat om haar te soen. Solank hy net sy hande sal tuishou en daardie 'ander heer' wat aan sy onderlyf vas is, in sy broek agter sy zipper sal hou, het sy hom gedreig.

Nie dat Ralph hom daaraan gesteur het nie. Meer as een keer, wanneer die hofmakery te warm begin word het, het Ralph haar teen ‘n muur of in ‘n hoek vasgedruk en dan het hy sy hand by haar broekie probeer indruk.

Haar eerste reaksie was ‘n vuurwarm klap teen sy wang.

Die derde keer het hy haar teruggeklap. In so mate dat haar ore gesing het. Sy wou skree, maar hy het haar mond toegedruk en gesê: “Wag en voel. Ek stuur jou na die negende wolk”

Haar flou ‘nee’, het op dowe ore geval.

Buitendien, iets daar het dit nogal lekker gemaak. Totdat hy twee van sy vingers hardhandig daar in geforseer het en dit in en uit haar gestamp het.

Dit was ongelooflik seer en sy het hom met mening van haar probeer afkry. Maar nee was nie ‘n antwoord wat in Ralph se woordeskat bestaan het nie. Dit het sy soveel keer daarna uitgevind. Hy het net aangehou, met sy mond oor hare, totdat sy hom aan die lip gebyt het. Sy wou terug seermaak.

Hy het woedend weggeruk en sy kon loskom en badkamer toe hardloop.

Daar was soveel bloed op haar onderklere. 

En wat doen Ralph? Klim in sy motor en ry weg vir die res van haar vakansie op Hurter’s Retreat. Waarskynlik bang dat sy by haar ouers gaan verklik.

Sy het nie. Sy het skuldig gevoel omdat sy soort van saamgespeel het. Miskien is dit maar hoe ‘n meisie vrou word. Buitendien, vriende in hierdie afgeleë wêreld is skaars. Daar het nie baie mense by haar ouers kom kuier nie. Sy het eerder gehoop dat my maar weer sal terugkom en steeds by haar ouers sal kom kuier wanneer sy later terug is in Pretoria by haar liewe ouma met die baie katte.

Maar Ralph was slim. Tydens Leah se volgende vakansie. Die Aprilvakansie van haar eerste jaar op college, het hy ewe flambojant teruggekeer plaas toe, met ‘n Range Rover en ‘n geskenke soos wat selfs Kersvader nie sou kon bybring nie. Juwele, vir haar en haar ma en Maria. ‘n Laptop vir Jesu. En 'n bottel whisky elk vir haar pa en vir Manual.

Op 'n stadium, toe Leah iets uit die kombuis moes gaan haal, het hy homself van die tafel af verskoon en haar agternagesit. Toe het hy haar opreg om verskoning gevra. Hy was so jammer dat hy haar so seer gemaak het. Hy hoop nie dat hy haar vir altyd van mans afgeskrik het nie. Hy het eerlikwaar nie besef dat sy nog 'n maagd was nie. Sy het dan so volwasse opgetree. Boonop het hy meegevoer geraak deur haar skoonheid en onskuld. Vir hom was sy so mooi...

Sy was die prinses van sy drome.

Dit het dit vir Leah gedoen. Stadig maar seker het sy op hom verlief geraak. Sy het begin droom hoe hy haar eendag sal inlyf as sy vrou, met sy meneer Min of meer. Sy was gefassineer deur Ralph dat sy self begin droom het van hoe hy eendag sy baba in haar gaan sit. Maar die gedagte dat 'n baba by dieselfde plek moet uitkom, waar dit ingesit moes word, het haar vir eers heeltemal afgeskrik.

Want hoe groot is daardie babaplanter van ‘n man nou eintlik, as jy dit met ’n vinger of twee moet vergelyk?

Ietwat groter, het sy die volgende Desembervakansie uitgevind toe Ralph die aand by haar kamer ingesluip het. Sy het weer nee gesê, maar die keer het Ralph geweet sy geheim is veilg by haar en homself daar ingedruk. Sy was so styf soos 'n lyk van skrik en seer. Dit het gevoel soos 'n brandende stomp. Daarna het sy het gewring om weg te kom, maar Ralph het nie genade gehad nie. Hy het geweet wat hy daar kom soek het en hy het seker gemaak dat hy al die pad stap. Gemaak of hy nie die trane op haar wange sien nie. En net aanhou in en uitbeweeg totdat hy homself daar leeggetap het.

Ten spyte van die verskriklik seer, was daar ook iets vreemd wonderlik aan die pyn.

'n Nag wat sy nooit ooit, nie vir die res van haar lewe sou vergeet nie. Selfs oor geromantiseer het, so bisar as wat dit nou vir haar voel.

Maar dit is gedagtes wat nou by haar opkom by die aanskoue van Jesu se jong swanger vroutjie.

Anna was darem al twintig. En Jesu is lief vir haar, vir wie sy is. Nie vir wat hy van haar in die ooreenkoms kan kry nie.

Leah is net na haar en Ralph se eerste al die pad stap terug Pretoria toe, waar sy by haar pa se ma gebly het. Dankbaar dat sy nie swanger was na ‘n vakansie waar Ralph daarna elke aand skelm in haar bed kom klim het nie.

Sy het eers haar hele kunskursus voltooi, voor sy permanent teruggekom plaas toe. Sy het net geweet sy moet. Want Ralph het vir alle praktiese doeleindes ook daar by haar mense ingetrek. Hy het vir haar gewag. Miskien het hy vir hulle vertel wat gebeur het.

Sy weergawe. Dat sy hom verlei het.

Teen die tyd dat sy graad gevang het, was haar ouers deeglik bewus van die feit dat Ralph en Leah beslis nie meer net vriende was nie. En ma was bang dat hy Leah swanger sou maak, voordat hulle getroud is, soos wat met haar en John gebeur het. Hulle het 'n huwelik voorgestel en Ralph het ewe ingenome die 'regte' ding gedoen. Met haar getrou in ‘n kerkie hier naby. Pa het selfs vir Ouma van Pretoria laat ingevlieg om die heuglike gebeurtenis saam met hulle te kom vier.

Almal het net baba baba gepraat. En Leah kon self amper nie wag om swanger te raak nie. Sy wou vir Ralph ‘n baba gee. En toe gebeur daar niks.

Niks voor die tyd nie en ook nie in die agt maande wat hulle getroud was nie.

Ralph se drome oor haar is volgens hom aan skerwe, danksy haar.

En toe verdwyn hy vir tien maande. En iemand stuur vir Leah ‘n video van hom en ‘n vrou op ‘n seiljag. Sy drie-en-sewentig jarige geliefde by wie Ralph gaan troos soek het.

Of ‘n erflating, want haar geld en seiljag word toe syne na drie maande.

Want reken nou net, toe val die arme vrou oorboord en verdrink en Ralph kom terug plas toe. Volgens hom wou hy Leah terughê. Hy het glo steeds dieselfde oor haar gevoel.

Maar vir Leah was niks meer dieselfde nie. Veral nie die manier waarop hy daarna gevat het wat sy nie meer vir hom wou gee nie. Maar hulle was nog getroud jy weet. Hy het die volste reg op haar en haar liggaam gehad.

As sy nee sê, het hy haar gedreig met egskeiding. Plaas dat sy hom dadelik laat gaan het. Dan was die vernedering van sy verkragtings nie so groot nie. Want ja, dit is wat dit was.

Boonop kon sy hom nie vertrou nie. Hy was voortdurend op sy selfoon vanwaar hy ryk vroue op afspraakwebwerwe geteiken het. 

En toe sy hom daaroor konfronteer, het hy haar weer met egskeiding gedreig.

Sy het genoeg gehad. Vir haar ma en pa gesê sy gaan net by Ouma in Pretoria kuiere en daar gekom, self ‘n prokureur gaan sien. Ouma het gesê. Die keer bly jy permanent my kind. Die huis word in elk geval eendag joune. Jou pa weet dit reeds en hy is tevrede met my besluit.

Sy het werk gekry as dosent by dieselfde kuns kollege waar sy studeer het. 

Maar ongelukkig was daar ‘n kontrak tussen haar en Ralph waar hy reeds aandele op die plaas verkry het met hulle troue geteken. En haar ma en pa se handtekeninge is ook daarop.

Naïef, almal van hulle, het die prokureur geraas. Hy sou nooit so iets laat deurgaan het op ‘n voorhuwelikse kontrak nie. Maar iemand anders se prokureur het.

En nou is die man hier om te vat wat hy glo aan hom behoort. Maar die keer moet hy weet, sy wat Leah is, is nie een van sy besittings nie.  

Leah lig die mes op om nog 'n aartappel te skil. Sy sit die aartappel op ‘n snyplank neer en besluit. As daardie aartappel Ralph se kosbare liggaamsdeel verteenwoordig, sal sy haar frustrasie nou daarop uithaal. Sy kap so hard met die mes dat dit in twee spat.

En toe sy opkyk, staar almal in die kombuis na haar. Maria, Jesu en Anna en selfs Pa John, wat van buite af inkom om te kom uitvind waar almal so lank bly. Dit is mos eintlik veronderstel om Leah se welkom terug in die familie party te wees.

Nie Ralph s'n nie.


 
 
 

Comments


bottom of page